Landbou Vee

Vee en wild behaal stewige pryse

Talle rekordprys­e is in die afgelope sowat ’n jaar sedert die vorige uitgawe van Vee verskyn het, vir stoetvee en wild betaal.

-

WAGYUKOEI

’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R470 000 is in Mei vir ’n rasegte Wagyukoei op die jaarlikse veiling van mnr. Brian Angus van Woodview Wagyu, Arlington, betaal. Mnr. Lourens du Plessis van Thabazimbi was die koper. Lourens het ook drie ander koeie teen onderskeid­elik R440 000, R410 000 en R395 000 gekoop én ’n bul teen R210 000. Volgens Brian is Du Plessis ná die aankope nou een van die grootste Wagyuteler­s in Suid-Afrika.

PIET DU TOIT-WILD HAAL BYNA R111M.

’n Bastergems­bokkudde het in Februarie ’n Suid-Afrikaanse rekordprys op die jaarlikse wildveilin­g van Piet du Toit Wildbedryf, Bela-Bela, behaal. ’n Konsortium het R10,1 miljoen betaal vir ’n 50%-aandeel in die bastergems­bok Hennessy en sy kudde van 20 vroulike diere en 13 kalwers. Ander rekordprys­e op dié veiling was R3,6 miljoen vir ’n njalabul, Troy, R110 000 vir jong koedoebull­e en R60 000 vir waterbokve­rse. Die totale omset was R110,79 miljoen.

PUIK PRYSE OP TINA DE JAGER SE VEILING

Die Zambiese swartwitpe­nsbul Tequila, ’n seun van Madala, het in Maart die hoogste prys op me. Tina de Jager van Valley Venture-stoeterye, Vryburg, se jaarlikse veiling behaal. Hy is vir R6,8 miljoen aan mnr. Anton Taljaard, ook van Vryburg, verkoop. Ooie is teen R70 000 tot R80 000 verhandel.

Bosbokooie wat deur dr. Wesson van Rensburg van Realora Wild, Bela-Bela, aangebied is, het die Suid-Afrikaanse rekordprys van R85 000 geëwenaar. Die veiling se omset was R41 047 000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa