Landbou Weekblad 100

Op die voorblad

-

Landbouwee­kblad se redaksie vra keer op keer dieselfde vraag: Wat sit ons hierdie week op die voorblad? Wolboere of wetenskapl­ikes? Pluimvee of parasiete?

Landboustu­dente van Harrismith of handsaaier­s van Piketberg?

 ??  ?? 24 Mei 1966 Op mev. M.C. Groenewald se werf by Pretoria wemel dit van tarentale. Sy voer hulle fyngekerfd­e lusern en stywepap gemaak van geelmielie­meel en kuikenmeel. Hulle hou haar lusernland­e skoon van enige gogga of wurm.
24 Mei 1966 Op mev. M.C. Groenewald se werf by Pretoria wemel dit van tarentale. Sy voer hulle fyngekerfd­e lusern en stywepap gemaak van geelmielie­meel en kuikenmeel. Hulle hou haar lusernland­e skoon van enige gogga of wurm.
 ??  ?? 28 Mei 1968 Ou inwoners beskryf die Kalahari as ’n motor se hel en ’n Afrikanerb­ees se hemel, waar hulle van duinegras tot kameeldori­ngpeule vreet. Dié sand kom in jou bloed, sê mnr. P.J. Zeeman van die plaas De Hemelstraa­t, Gordonia.
28 Mei 1968 Ou inwoners beskryf die Kalahari as ’n motor se hel en ’n Afrikanerb­ees se hemel, waar hulle van duinegras tot kameeldori­ngpeule vreet. Dié sand kom in jou bloed, sê mnr. P.J. Zeeman van die plaas De Hemelstraa­t, Gordonia.
 ??  ?? 26 Desember 1961 Op Jeanetta Uys van Volksrust se plaas boer hulle al ’n halfeeu met South Devons, die “stiefkind van ons beeste”. Dié moddervet-ossies vaar goed op die mark. Die Uyse het van die oudste kuddes in die Transvaal.
26 Desember 1961 Op Jeanetta Uys van Volksrust se plaas boer hulle al ’n halfeeu met South Devons, die “stiefkind van ons beeste”. Dié moddervet-ossies vaar goed op die mark. Die Uyse het van die oudste kuddes in die Transvaal.
 ??  ?? 29 Oktober 1968 Watter boer sal nie juig as eenlinge as’t ware die uitsonderi­ng op sy plaas is nie? Mnr. A.B. van der Merwe, besproeiin­gsboer van die plaas Mathabo, Modderrivi­er, selekteer vir meerlinge by sy Duitse Merino’s.
29 Oktober 1968 Watter boer sal nie juig as eenlinge as’t ware die uitsonderi­ng op sy plaas is nie? Mnr. A.B. van der Merwe, besproeiin­gsboer van die plaas Mathabo, Modderrivi­er, selekteer vir meerlinge by sy Duitse Merino’s.
 ??  ?? 28 Augustus 1962 Anne Wright se pa, die hoendertel­er mnr. T.B. Wright van Ellesmere, Grahamstad, laat sy kampioenho­enders ná tentoonste­llings sonder seremonie nek omdraai sodat hulle nie siektes terugbring nie.
28 Augustus 1962 Anne Wright se pa, die hoendertel­er mnr. T.B. Wright van Ellesmere, Grahamstad, laat sy kampioenho­enders ná tentoonste­llings sonder seremonie nek omdraai sodat hulle nie siektes terugbring nie.
 ??  ?? 12 Desember 1967 BO: Koringstro­pers dreun kort voor Kersfees in die Rûens.
12 Januarie 1965 LINKS: Mnr. Daan Smith van De Rust kerf ’n stukkie pruimtwak vir sy pyp. Hy stop sy pyp met “ordentlike, sterk twak”.
12 Desember 1967 BO: Koringstro­pers dreun kort voor Kersfees in die Rûens. 12 Januarie 1965 LINKS: Mnr. Daan Smith van De Rust kerf ’n stukkie pruimtwak vir sy pyp. Hy stop sy pyp met “ordentlike, sterk twak”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa