Landbou Weekblad 100

WOLBOERE PAK DIE ‘GROOT MEET’ AAN

-

Die wetenskapl­ike meting van wol is die ingrypends­te enkele metode van stroombely­ning waaraan die wêreld se wolbedryf nóg onderwerp is, berig Landbouwee­kblad in 1975.

“As ’n maatreël vir kostebespa­ring vir die produsent, die handel én die nywerheid het die objektiewe meting van veseldikte en skoonopbre­ngs in die geskiedeni­s van wol geen gelyke nie.”

Een voordeel is die hantering van wol: Met die oog-enhand-metode word ’n wolbaal sowat 13 keer gehanteer van dit in die makelaar se pakhuis aankom tot dit verskeep word. Met objektiewe meting word die hantering tot vier keer verminder. Ou prosesse wat nie meer nodig is nie, is die uitstallin­g in die vertoonlok­aal, die oopsny van bale, die uithaal van wolmonster­s, die terugstop van monsters en die toewerk van oopgemaakt­e bale.

 ??  ?? 1972 Mnr. T.D. Holmes (links) van die Suid-Afrikaanse vagtoetsse­ntrum van die departemen­t van landbouteg­niese dienste op Middelburg (Kaap) laat ’n jong boer met die mikronmete­r kennis maak.
1972 Mnr. T.D. Holmes (links) van die Suid-Afrikaanse vagtoetsse­ntrum van die departemen­t van landbouteg­niese dienste op Middelburg (Kaap) laat ’n jong boer met die mikronmete­r kennis maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa