Landbou Weekblad 100

SKOENMAKER, HOU JOU BY JOU LEES

-

Jean du Preez, oudredakte­ur van Landbouwee­kblad, onthou die voorblad waaroor hy die meeste spyt kry.

“Hier in die later jare van my redakteurs­tyd word Landbouwee­kblad deel van Huisgenoot se sake-eenheid, met ’n nuwe uitgewer wat nog nie met die aard van ons tydskrif en sy lesers vertroud was nie.

“In ’n onbewaakte oomblik swig ek voor sy versoek dat ons Steve Hofmeyr op ons voorblad sit – dit gaan ons sirkulasie ’n groot hupstoot gee, reken hy. Ek het niks teen Steve nie, maar die tydskrif was skaars op straat, of die klagtes stroom in: ‘Waddehel gaan nou met julle aan? Wat het Steve met die landbou uit te waai?’

“Daardie Saterdag stap ek by Kaap Agri in Durbanvill­e in en sien nog pakke Landbouwee­kblaaie op die rak lê. Ek vra die kassier, nou hoekom verkoop die tydskrif vandeeswee­k so swak? Haar antwoord: ‘Nee, Meneer. Die boere sê Landbouwee­kblad is mos bedonnerd om daai man op die voorblad te sit. Hulle gaan hom nie koop nie!’

“Inderdaad het ons sirkulasie vir daai uitgawe getuimel. Ek het die rede daarvoor in die kassier se woorde aan die uitgewer oorgedra. Dit was sy laaste poging om by redaksione­le kwessies in te meng.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa