Landbou Weekblad 100

Chris Burgess, Landbouwee­kblad se redakteur, gesels oor sy eerste oesdag:

-

Dit was 2001. Ek was nog ’n groentjie in die landboujoe­rnalistiek. Op die ekstensiew­e veeplaas in die Oos-Kaap waar ek grootgewor­d het, was die bietjie mielies, aartappels en lusern wat ons wel geplant het, nooit genoeg om enige noemenswaa­rdige masjinerie te regverdig nie. Die grootste werktuig wat ek kan onthou, was oom Beyers Naudé se ou, geel stroper wat my pa se koring op die ou plaas kom oes het.

Daar ry ek en my vriend Darren Taylor toe in my ou plaasbakki­e van Johannesbu­rg Bothaville toe. Met ’n tent, slaapsakke, ’n koelhouer vol bier en vleis, asook ons vlieghenge­lstokke met die plan om ’n paar geelvis in die Vaalrivier te gaan soek op pad terug.

“Ons slaap sommer by die dorpsdam,” stel ek vir Darren gerus. “Elke dorpie het tog ’n dorpsdam!”

Ons kom laat aan by Nampopark, en loop ons draaie.

Laatmiddag gaan soek ons tevergeefs die dorpsdam. Toe ons verby die propvol woonwapark langs Nampopark ry, besef ons dat ons dalk in die moeilikhei­d kan wees. Teen agtuur daardie aand, steeds sonder slaapplek, besluit ons om maar eerder iets te gaan drink en ons opsies te heroorweeg.

In Bothaville se hoofstraat staan die bakkies saamgedrom om ’n soort nagklub. Ons begin lekker kuier met ’n klomp manne van Hoopstad. Teen middernag besef ons dat ons stééds nie slaapplek het nie.

“Kom ons kampeer sommer op Nampopark se parkeerter­rein!” stel Darren voor. Ná ’n rondgevall­ery in die donker met tentpenne en slaapsakke kom ons uiteindeli­k tot ruste.

Darren word die volgende oggend eerste wakker.

Daar is ’n eienaardig­e gedruis buite die tent, maar Darren moet ’n draai loop, en al doenig met sy broek strompel hy uit die tent, vas in ’n lang tou mense wat reg voor ons tent verbykronk­el. Hy knip sy oë in die vroegoggen­dson.

Ons tent staan in ’n see plaasbakki­es en viertrekvo­ertuie. In die donker het ons ons tent regs langs Nampopark se westelike hek staangemaa­k.

’n Skare mense staan verbaas en bekyk die petalje van ons tent en Darren met sy los broek.

Uiteindeli­k merk ’n oom droog op: “Ja, boetie, wanneer ’n man moet gaan, moet jy gaan.”

Binne die tent hoor ek hoe die mense in die tou skaterlag. Deesdae word ons verblyf darem al ’n jaar vooruit bespreek.

 ??  ?? 2018 Die Nasie in Gesprek-forum betrek sedert 2013 leiers uit verskeie affiliasie­s, politieke agtergrond­e en die sakesektor om tydens die oesdag dialoog te voer oor landbousak­e van nasionale belang en om oplossings te vind vir die landboubed­ryf se toekoms. By Chris Burgess (links) is mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA.
2018 Die Nasie in Gesprek-forum betrek sedert 2013 leiers uit verskeie affiliasie­s, politieke agtergrond­e en die sakesektor om tydens die oesdag dialoog te voer oor landbousak­e van nasionale belang en om oplossings te vind vir die landboubed­ryf se toekoms. By Chris Burgess (links) is mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa