Landbou Weekblad 100

JAN BESLANER

-

1971 Ry in die Paarl se histories bruin gebied naby die kerk en die hotel verby en vra vir enigeen waar woon “die man wat perde beslaan”. Sonder huiwering sal hulle vir jou beduie: “Net so vorentoe om die hoek, die eerste huisie met die telefoondr­aad.”

Die meeste perdeliefh­ebbers in die Kaap ken Jan van der Merwe, of liewers Jan Beslaner, en bel sy vrou, Francina, om afsprake met dié gesoute ambagsman te maak. Hy beslaan perde tot so ver as Sutherland en Matjiesfon­tein.

Jan was die enigste van ses broers wat dié kuns by sy pa geleer het.

“Ek het sin gehad vir die werk en só gedink: As my pa aftree, wat sal van die mense se perde word?”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa