Landbou Weekblad 100

LANGASEMS OP FAURESMITH: DRIE DAE, 200 KM (EN ’N STOOMLOKOM­OTIEF IN 1974)

-

Fauresmith 200, die jaarlikse “Comrades van die perdewêrel­d”, is vandag Suid-Afrika se grootste uithourit. Honderde deelnemers van reg oor Suider-Afrika ry 200 km oor drie dae onder die beskerming van die Uithouritv­ereniging van Suid-Afrika.

Dirk de Vos jr. onthou die heel eerste Fauresmith-rit in 1974, toe ’n filmspan toevallig ook daar was om ’n dokumentêr te skiet oor dié dorp en sy unieke hoofstraat, waar die treinspoor in die middel van die straat loop. Dit was ’n geleenthei­d om ’n besonderse drie-in-een-skoot te kry, het die filmmaker besef. Terwyl die kameraman in ’n helikopter oor die dorp vlieg, kan die perde in die hoofstraat nader staan, terwyl ’n skaapwagte­r en sy diere die spoor oorsteek én die stoomtrein nader dreun.

Die perde, topfiks en gevoer om te hardloop, kon nog tussen die skape kophou, maar toe die trein nader kom met stoomwolke wat uitborrel en die lokomotief skielik kliphard fluit, het hulle stalle toe laat spat, met ruiters wat klou om bo te bly.

Toe Pat Edwards met die grond kennis maak, het die ou skaapwagte­r uitgeroep: “Ag, jirre, daar trek die ouvrou ook!”

Die uithouritl­egende Ami de Wet (83) het gelag toe hy in

1974 van die rit gehoor het, want “geen mens kan ’n perd so ver ry nie”. Hy het eers die volgende jaar besluit om self te probeer.

Ysreën en mis het op dag een neergedaal. Hy het eers ná donker die skouterrei­n gehaal, van sy perd afgegly en ’n hand vol pynpille by die veearts, dr. Hercu van Niekerk, gevra. Daardie aand kon hy nie uit die bad opstaan nie — hy moes die badprop met sy toon uitwoel, omrol en handevierv­oet uitklim.

Vandag het hy Fauresmith al 35 keer voltooi en meer as 80 000 km mededingen­d te perd afgelê. — PAUL VAN DAM

 ??  ?? 2016 Jandré Kasselman op sy perd Derrom De La Rey, een van 355 ruiters wat vanjaar op Fauresmith weggesprin­g het. FOTO: MANIE WARD
2016 Jandré Kasselman op sy perd Derrom De La Rey, een van 355 ruiters wat vanjaar op Fauresmith weggesprin­g het. FOTO: MANIE WARD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa