Landbou Weekblad 100

TIEN JAAR SE WILDPRYSE

-

2008 Mnr. Piet du Toit van

-

Rustenburg betaal R725 000 vir ’n Oos-Afrika-buffelbul op die wildveilin­g van die Stud-wildtelers naby BelaBela. Mnr. Jacques Malan van Lumarie Game Breeders betaal R1,6 miljoen vir ’n buffel met uitsonderl­ike groot horings. 2010 Mnr. Douw Steyn van die Shambala-wildreserv­aat (Vaalwater) koop ’n buffelbul teen R6 miljoen van die Kwanareres­ervaat, naby Stofberg, Mpumalanga. Kort daarná word die rekord verbeter toe mnre. Piet du Toit en Cyril Ramaphosa die buffelbul Bayeto van die private natuurrese­rvaat Thaba Tholo teen R9,2 miljoen koop. 2011 ’n Oos-Afrikaanse buffelkoei behaal R4,7 miljoen op die Stud Game Breeders se veiling op Bela-Bela. In Oktober betaal ’n anonieme koper van Mookgophon­g R18 miljoen vir ’n buffelbul, Senatla, op die Thaba Tholo-veiling.

2012 Mnr. Piet du Toit koop die buffelbul Horison in vennootska­p met mnre. Norman Adami van Beestekraa­l en Ben Botha van Rustenburg vir R26 miljoen by Lumari Game Breeders van mnr. Jacques Malan. ’n Week later betaal Du Toit en drie vennote nóg ’n rekord-bedrag van R12,25 miljoen vir die swartwitpe­nsbul Charlie, ’n Wes-Zambiese bok met horings van langer as 50 duim.

2013 Rommel, ’n goue wildebeesb­ul met horings van meer as 29 duim, behaal R1,825 miljoen op ’n wildveilin­g in Limpopo. Die vorige rekord was R1,4 miljoen.

2014 Die sakeman dr. Johann Rupert betaal R40 miljoen vir die buffelbul Mystery

(nou Oubaas) op Thaba Tholo se jaarlikse veiling. ’n Wit saalrug-blesbokram behaal R7,8 miljoen op die Kirkwood-veiling.

2015 Hercules, ’n koedoebul van mnr. Dries Visser word teen R9,4 miljoen aan ’n konsortium verkoop. Mnr. Barend Vorster van Letsitele betaal R27 miljoen vir Mopanie, ’n Zambiese swartwitpe­nsbul, op mnr. Piet Warren se veiling. 2016 Op sy wildveilin­g in Februarie verkoop mnr. Piet du Toit en sy twee vennote ’n 25%-aandeel in die buffelbul Horison teen R44 miljoen aan ’n teler van Mookgophon­g. ’n Konsortium wildboere betaal R168 miljoen vir die buffelbul Inala op die jaarlikse Thaba Tholo-wildveilin­g naby Thabazimbi.

2017 Mnr. Jacques Malan koop ’n springbokr­am teen R1,55 miljoen op die jaarlikse veiling van me. Tina de Jager van Valley Venture in Vryburg. 2018 Die hoogste prys op die jaarlikse Kirkwood-veiling is R135 000 vir ’n buffelbul van die Kamdeboo Nasionale Park. Gina, ’n Zambiese swartwitpe­nskoei wat dragtig is by Busanga, ’n Zambiese bul met horings van oor die 50 duim, behaal R210 000 op die Vyfster-wildveilin­g van mnr. Dries Visser by Bela-Bela.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa