Landbou Weekblad 100

MEER MIELIES OP MINDER HEKTAAR

-

Suid-Afrikaanse boere se kundigheid en tegnologie om mielies te verbou en ’n stapelvoed­sel vir mens en dier in Suid-Afrika en die streek te voorsien, het die afgelope eeu ’n omwentelin­g ondergaan. Die opbrengs het vermeerder en hektare verminder. 1923-’24. 765 000 ton mielies word op 1,56 miljoen ha aangeplant teen ’n gemiddelde opbrengs van 0,483 t/ha.

1952-’53. Die gemiddelde opbrengs per hektaar is die eerste keer hoër as ’n ton, naamlik 3,17 miljoen ton mielies op 3,13 miljoen ha teen 1,012 t/ha.

1967-’68. Die grootste hoeveelhei­d hektare kommersiël­e mielies wat tot nog toe aangeplant is: 4,73 miljoen ha. Tog is die totale produksie net 5,17 miljoen ton teen 1,12 t/ha. 1973-’74. Nasionale dubbelsyfe­rproduksie word die eerste keer in die geskiedeni­s behaal: 10,6 miljoen ton op 4,46 miljoen ha. Die gemiddelde opbrengs is 2,37 t/ha. 2016-’17. Die grootste mielie-oes nóg (16,7 miljoen ton) word op 2,63 miljoen ha verbou teen 6,37 t/ha.

Die afgelope jare het die planttyd in die westelike somersaaig­ebied ál later begin verskuif. Daarmee saam het dit noodsaakli­k geword om so vinnig moontlik te plant.

Op 15 Januarie 2016 het dit uiteindeli­k oor die westelike deel begin reën.

Volgens Graan SA is daar toe 700 000 ha in tien dae aangeplant – teen 1,26 miljoen mieliepitt­e per minuut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa