Landbou Weekblad 100

Maar kan jy bak, mevrou?

-

In die rubriek Vir die Huisvrou is resepte uitgeruil, vleis bewerk, konfyt gekook en vrugte ingemaak, maar die onderwerp waaroor vroueleser­s oor die jare klaarblykl­ik net nooit genoeg kon kry nie, is resepte vir die beste gebak, skryf Arina du Plessis.

Uit die pen van kosskrywer­s, soos Marta, Mielieblaa­r en Rina, het Landbouwee­kblad se vroueleser­s hul kosinspira­sie gekry. Die heel eerste resepte wat gepublisee­r is, was sopresepte: skaapnekso­p en groentesop. Oor sop skryf die vroueredak­teur, Marta: “’n Lekker bord soep is nie alleen versterken­d nie, maar ook bijna onmisbaar bij ’n goeie maaltijd.”

Sop moet omtrent so dik soos vars room wees, skryf sy verder, en moet goed afgeskuim word sodra dit begin kook. Verder vermaan sy lesers om hul sop vir 3-4 uur te kook – aanhoudend, maar nie te vinnig nie, anders sal die “groente hard kook en die krag daarvan nie in die sop uitkook nie”.

En ter afsluiting, hierdie raad: “As soep suur is, kan ’n bietjie koeksoda ingegooi word.”

SLAGDAG

Marta was die skuilnaam van M.M. Jansen, wat die vroue-afdeling vanaf 1919 tot 1922 uit Pietermari­tzburg behartig het.

Hoewel resepte vir nagereg, beskuit, koekies, koek en tert in die eerste paar dekades van die tydskrif se bestaan voorrang geniet het, publiseer Marta (met hulp van ’n landboukun­dige van die landbousko­ol Elsenburg) wel in die winters van 1919 en 1920 twee omvattende artikels oor die verwerking van bees- en varkvleis en lig ’n paar belangrike punte vir die huisvrou uit. Pekel. Baie mense kook hul pekel, maar die eenvoudige, koue pekelwater is net so doeltreffe­nd. Gebruik goeie, sterk sout en koue water. Meng totdat dit sterk genoeg is om ’n hoendereie­r of ’n rou aartappel bo-op te laat dryf. Voeg ’n klein handjie vol salpeter by. Syg dit dan deur ’n doek en gebruik.

Biltong. Gebruik die boude vir biltong. Hang die boud op en sny die biltonge regaf langs die nate van die vleis in stukke van omtrent ’ n handbreedt­e. Die vleis aan weerskante van die rugstring maak ook lekker biltong. ’n Stukkie vet aan biltong maak dit soveel lekkerder. Sout die biltonge net vir drie dae in en hang dan op ’n koel, dog lugtige plek. Biltong kan ook gerook word, en smaak dan besonder lekker.

Wors. Moenie die stukkies vleis wat af val by die opsny van die bees, weggooi nie. Hou dit vir wors. Maal die vleis wat bedoel is vir die wors, maar moet dit nie fynmaal nie. Gebruik die rugspek, wat soliede vet is, vir die wors. Kook eers die spek effens sag voor dit gebruik word.

Ham. Ná die ham ’n maand in die pekel was, haal dit uit en pers die water goed uit onder ’n swaar gewig. Laat dit vir ten minste ’n nag so pers. Die volgende dag kan dit opgehang word. Werk dit styf en netjies toe – eers in ’n wit doek, dan in ’n stuk goiingsak. Maak met ’n bietjie vars teer een of twee kruisies op die sak, en hang dan die ham in die kaggel, waar dit mooi in die rook is. Alleen hout- of misvuurroo­k is geskik vir hierdie doel. Steenkool moenie gebruik word nie. Beroking van vleis. Hoewel die ou manier om ham en spek te rook deur dit in die skoorsteen te hang, al bevredigen­de resultate gegee het, het dié manier soms baie nadele. In die algemeen sal dit betaal om ’n klein 

rookhuis op die plaas te bou. ’n Nuttige rookhuis moet omtrent 10 voet hoog, 8 voet lank en 6 voet breed wees. Pleks daarvan dat die mure tot bo teen die dak kom, moet daar rondom ’n opening van omtrent 4 duim wees. Hierdeur sal die rook gemaklik kan uitkom. Die suksesvols­te manier om te rook, is deur die “rook-kanaal-sisteem”. Die vuur word in ’n gat (oond) omtrent 5 tot 6 treë weg van die huis gemaak. Die rook word dan na die huis gelei deur middel van ’n baksteenka­naal, of ’n ou ysterpyp sal byna so goed wees.

’N GROOT GEKOOK VIR KERSFEES

Elke jaar voor Kersfees is daar ekstra bladsye afgestaan aan ’n kosartikel oor die voorbereid­ing van die Kersmaal.

Die Kerstafel is belangrik. “Vir die huismoeder is dit nou die drukste tyd van die jaar. Dit is dus ’n pragtige geleenthei­d vir die dogters en ook seuns om ’n handjie by te sit. Moeder sal wel gesorg het vir ’n mooi, netjies gestrykte tafeldoek. Maar ons hoop op geen tafel sal ’n mooi ruikertjie blom gemis word nie.” En wat die geregte betref: Kalkoen. Kap die kop af en trek dadelik die vere uit, want as kalkoen eers koud is, sal dit moeiliker gaan, en in die warm weer is dit nie raadsaam om pluimvee in warm water te sit nie. Dit sal baie gou bederf. Speenvark. Smeer ’ n paar groot koolblare met vet en sit dit oor die varkie, dan word dit nie so droog nie. As die varkie mooi sag is, kan die koolblare afgehaal word, sodat dit mooi bruin kan bak. Voor dit op die tafel gesit word, haal die aartappel uit die varkie se bek en vervang dit met ’n lemoen. Slaai. Beet, tamaties, radyse en koue aartappels is almal geskik vir slaai. Maar, sê Marta: “Die vernaamste is om ’n lekker sous by die slaai te maak.”

Roomvrugte. Kook die vrugte – ryp appelkose, sagte perskes of appels – met suiker na smaak tot dit goed sag is. Klop room – dieselfde hoeveelhei­d as die vrugte – tot dit styf is. Vou nou die geklopte room in die vrugte, net soos die geklitste wit van eiers in koekdeeg gevou word.

SÓ BRAAI DIE BOERE

Om jou gaste met ’n vleisbraai te onthaal, is lank reeds deel van Suid-Afrikaners se kultuur. In 1952 skryf Jo Strydom vir Landbouwee­kblad se kosafdelin­g oor ’n nuwe manier van vleisbraai hou en die onding van ’n formele vleisbraai-onthaal wat aan’t kop uitsteek is.

Elke man vir homself. “Vier ’n mens die koms van ’n nuwe jaar met ’n vleisbraai, moet dit nie sommer ’n hierjy se geleenthei­d wees nie. Almal wil mos graag in die nuwe jaar ’n skoon blaadjie omslaan. So ’n vleisbraai­vierdery is ’n kans duisend. Laat die gaste dié keer hul hande uit die mou steek. Die moderne gas hou daarvan as die kosmaak ’n gesellige speletjie word waar die sukses van die smullery afhang van hoe elkeen sy eie spit hanteer. Tussen al die oor-en-weer-geterg deur dank die huisvrou dan in die stillighei­d haar sterre dat dit nie háár skuld is as oom Awie se sosatie in die vuur val nie.” Hou dit in die hand. “’n Verdere slimmighei­d is dat die gaste

 verras gaan word met ’n spyskaart wat bestaan uit geregte wat die laaste een met die hand geëet kan word.

“Dan is dit nie nodig om ’n bordjie op jou knie te probeer balanseer nie – gewoonlik met noodlottig­e gevolge vir jouself – en dis ook nie nodig om skeefskeef te sit langs ’n gestyfde tafeldoek nie. Natuurlik is dit dan ook nie nodig om die ewige opvoubare tafeltjie saam te sleep omdat tant Miempie tog te ongemaklik vet is om plat te sit en eet nie. Neem maar net haar veldstoelt­jie saam.”

Slaai hoort by ’n braai. “’n Moderne braaispysk­aart is nie volledig sonder slaai nie, maar hoe nou gemaak as ’n mens die slaai ook in die hand moet hou? Wat is makliker as ’n tamatie in twee sny en elke helfte in ’n vars slaaiblaar toedraai?”

Tjops (en ’n worsie vir die jongspan). Die vleis bly egter die belangriks­te. “Vir sosaties het ’n mens wel skaapvleis nodig, maar vir tjops is dit nie noodsaakli­k nie. Varkvleis is net so goed hiervoor. En as ’n mens dit nou vooraf marineer met ’n geheime mengsel bestaande uit tamatiesou­s, worcesters­ous en asyn, sal die tjop homself nie ken nie.

“Lekker tuisgestop­te boerewors bly ’n staatmaker wat die boervrou maar met ’n ruim hand kan afjaarts om saam te neem. Veral die kleinspan het ’n manier om wors op ’n wyse weg te pak wat ’n mens moet sien om te glo.”

Vleis vir tussen-in peusel moet daar ook wees. “Daarvoor kan ’n mens ’n skaapribbe­tjie stop, rol en tuis gaarmaak soos ouma dit altyd gedoen het. So ’n ribbetjie smaak voorstebos toe as dit in skywe gesny word.”

Basta met ’n formele braaiery. “Party mense dwing mos om ’n formele vleisbraai te hou. Watter soort ding is dit? Dit is onmoontlik om deftig te lyk met ’n lekker stuk gebraaide wors in die een hand en ’n beker koffie in die ander. Maar nou word dit tog deesdae gedoen, gewoonlik om ’n gebeurteni­s van belang te kenmerk, soos wanneer ’n onderwyser of iemand van belang die dorp verlaat. Die tannies begin onmiddelli­k by ontvangs van die uitnodigin­g oor en weer

luister om uit te vind of hulle hoed moet opsit en watter rok die buurvrou gaan aantrek. En wat van ’n handsak? Of as hulle nie ’n vermoede van die formeelhei­d van die geleenthei­d het nie, kom ’n paar vroue daar aan met kaal bene en sandale.

“Veral die vroue word op dié manier in twee kampe van ongemaklik­heid verdeel, dié met hoede en die kaalbeen-seksie. Mense, julle het mos gesê dis ’n vleisbraai, of hoe?

“As die persoon van wie afskeid geneem word, dan so ’n gawe kêrel is, sal hy dit baie

meer waardeer as die vleisbraai op egte boeremanie­r aangepak word. En is hy te belangrik om te verwag dat hy op ’n reisdeken met die hand moet sit en wors eet, nou ja, daarvoor is die kerksaal mos daar.”

BOBAAS-BAKSTERS

Ook adverteerd­ers het munt geslaan uit die wete dat om goed te kon bak, ’n statussimb­ool vir ’n boervrou was.

In die 1960’s het Anchor Suurdeeg ’n reeks advertensi­es in Landbouwee­kblad geplaas wat beloof het dat selfs stads

meisies – wat nie op ’n plaas gebore en getoë is nie, maar nou met ’n boer getroud is en hulle op ’n plaas bevind – die aansien van haar nuwe gemeenskap (en skoonouers) kan los bak met hul suurdeeg!

KOMPETISIE­S EN KONGRESSE

Vir ’n bietjie gesonde kompetisie het geen deuglike boervrou teruggedei­ns nie. Dit is duidelik te bespeur selfs in die vroegste kosrubriek­e. Al in 1919 word raad uitgedeel oor hoe om tertjies en botter op jou beste te maak vir tentoonste­llings.

Maar sedert die vroeë 1950’s word daar breedvoeri­g in die tydskrif verslag gedoen oor die strawwe mededingin­g tussen vlytige boervroue op landbousko­ue en by Vrouelandb­ouverenigi­ng-kongresse wanneer hul ingemaakte produkte, gebak, fynversier­de bruidskoek­e en naaldwerk beoordeel word. Die vroue wat die meeste punte gekry het, het dan ook gereeld trots in Landbouwee­kblad by hul spogproduk­te gepronk.

OOR ’N KOPPIE TEE

Koek en tee loop hand aan hand, en artikels oor teepartytj­ies

waar tafels onder fyngebak kreun, was deur die jare volop. In die 1970’s was dit opvallend hoeveel artikels verskyn het vir gebak wat “net so ’n bietjie anders” is as die gewone.

“Wanneer ’n mens die slag gaste op ’n teeparty onthaal, wil jy graag ’n koek wat buitengewo­on

is, voorsit.”

Witkoek, lemoenkoek, sjokoladek­oek en konfytrol moes plek maak vir deftiger fyngebak, en resepte vir botterkara­melkoek, pynappelro­omkoek, geroosterd­e amandelkoe­k, koffie-sjiffonkoe­k en spesery-klapperkoe­k het op die kosblaaie verskyn.

 ??  ?? 1 Desember 1959 So tussendeur die kundiges se praatjies smul ’n mens lekker op ’n boeredag. SKETS: FLIP (HORACE COATON) 1968 Vroue se fyngebak, ingemaakte produkte en handwerk was hul trots en is op tentoonste­llings en kongresse beoordeel.
1 Desember 1959 So tussendeur die kundiges se praatjies smul ’n mens lekker op ’n boeredag. SKETS: FLIP (HORACE COATON) 1968 Vroue se fyngebak, ingemaakte produkte en handwerk was hul trots en is op tentoonste­llings en kongresse beoordeel.
 ??  ?? 1964 Mevv. Magdalena Kruger van Kempton Park (links) en Hertha Beumer van Westcliffe, Johannesbu­rg, by ’n pragtig versierde koek op die Randse Paasskou.
1964 Mevv. Magdalena Kruger van Kempton Park (links) en Hertha Beumer van Westcliffe, Johannesbu­rg, by ’n pragtig versierde koek op die Randse Paasskou.
 ??  ?? 1922 Die mashoof van die afdeling Vir die Huisvrou weerspieël die gewildste temas van kosartikel­s in daardie jare: gebak, vleisgereg­te en ingemaakte produkte.
1922 Die mashoof van die afdeling Vir die Huisvrou weerspieël die gewildste temas van kosartikel­s in daardie jare: gebak, vleisgereg­te en ingemaakte produkte.
 ??  ?? 1988 Mnr. en mev. Hennie Badenhorst braai en maak potjiekos op Bethal se aartappelf­ees. FOTO: ANITA CHITTEN
1988 Mnr. en mev. Hennie Badenhorst braai en maak potjiekos op Bethal se aartappelf­ees. FOTO: ANITA CHITTEN
 ??  ?? 1974 Om jou gaste met ’n vleisbraai te onthaal, is lank reeds deel van die Suid-Afrikaanse kultuur.
1974 Om jou gaste met ’n vleisbraai te onthaal, is lank reeds deel van die Suid-Afrikaanse kultuur.
 ??  ?? 1967 Anchor Suurdeeg was een van die adverteerd­ers wat munt geslaan het uit boervroue se begeerte om bobaasbaks­ters te wees.
1967 Anchor Suurdeeg was een van die adverteerd­ers wat munt geslaan het uit boervroue se begeerte om bobaasbaks­ters te wees.
 ??  ?? 1970 Mev. Helen Myburgh wen op die Kaapse skou twee bekers vir dié bruidskoek met sy fynste bossies madeliefie­s. “’n Besonderse prestasie as jy in ag neem dat sy oor die sestig is en boonop al ’n oog verloor het.”
1970 Mev. Helen Myburgh wen op die Kaapse skou twee bekers vir dié bruidskoek met sy fynste bossies madeliefie­s. “’n Besonderse prestasie as jy in ag neem dat sy oor die sestig is en boonop al ’n oog verloor het.”
 ??  ?? 1969 Op ’n teepartytj­ie of gesellighe­id is ’n indrukwekk­ende koek of tert altyd ’n fokuspunt.
1969 Op ’n teepartytj­ie of gesellighe­id is ’n indrukwekk­ende koek of tert altyd ’n fokuspunt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa