Landbou Weekblad 100

99 JAAR IN DIE BLOMMEKERK

-

Sedert 1920 het Clanwillia­m se kerk ’n besonder hegte band met sy blomryke omgewing, skryf Estelle du Toit in 1976.

“Met die instap in die bruidskoek­kerkie (spierwit met bogies en torinkies) voel dit of jou asem skoon wegslaan. Die swaar, soet geur van heuning hang in die lug. Plasse kleur lê uitgestort op die plankvloer. Die gezoem binnekant is nie dié van bye nie. Daar is ’n skaar vroumense bymekaar, van alle groottes, ouderdomme en kleure. Die monde babbel, maar die vingers werk nog vinniger.

“Tussen alles deur vleg Kay Berg, die voorsitter van die veldblomme­vereniging, soos ’n nat steen seep. ‘Stop nog ’n bietjie toe daarlangs!’, ‘hierdie geles moet uit hier!’, ’nou by jou, hoor!’

“Van ver af ry die mense hul streek se blomsoorte aan. Daar’s blomme uit die Sandveld, die Strandveld, die Hardeveld, die Karoo, en van Biedouw af bring hulle ook proteas by die armsvol, sederhout uit die Sederberge, aronskelke van die vleie af, katstert, slangbos om oop kolle mee toe te stop, kliphout vir ’n mooi agtergrond, tolbos, geel kol-kol . . . Só dra die helpers aan. Blink baddens en groen petrolkonk­as met blomme in water staan die wêreld vol.”

Dit het al tradisie geword dat Clanwillia­m se blomme vir ’n goeie saak werk. Die eerste skou is in 1920 deur dr. Le Fras Nortier geopen om geld vir die plaaslike skool in te samel. In 2019, die skou 99ste jaargang, skenk die veldblomme­vereniging steeds aan liefdadigh­eid en samel geld in om historiese geboue in stand te hou.

 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: In 1971 val Clanwillia­m se veldblomme­skou saam met die NG gemeente se 150-jarige bestaansvi­ering. FOTO: JOHN WARNER
BO: Me. Ida Slabber, ’n vrywillige­r, gesels met die meisies van die Kleinbegin-bewaarskoo­l. Die veldblomme­vereniging nooi skole om die skou gratis by te woon en bied ook kompetisie­s aan. FOTO: ALICIA ERASMUS
HEEL BO: In 1971 val Clanwillia­m se veldblomme­skou saam met die NG gemeente se 150-jarige bestaansvi­ering. FOTO: JOHN WARNER BO: Me. Ida Slabber, ’n vrywillige­r, gesels met die meisies van die Kleinbegin-bewaarskoo­l. Die veldblomme­vereniging nooi skole om die skou gratis by te woon en bied ook kompetisie­s aan. FOTO: ALICIA ERASMUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa