Landbou Weekblad 100

Geen kansvatter­s (of bioskoopli­efhebbers)

-

Voor die internet-era het eensame jong boere, dorpsmeisi­es, studente, weduwees, oujongkêre­ls en ander alleenlope­rs hul pasmaats in Landbouwee­kblad se gewilde

By die Opsitkers-rubriek gesoek.

In 1955 kla die Landbouwee­kblad- leser Kosie van Stoffberg op die brieweblad oor die skaarste aan “plaasnooie­ns” en hoe moeilik dit is om hul harte te verower. Op haar beurt betreur Veldblomme­tjie van Smithfield – in werklikhei­d mej. Hettie Erasmus van Avondrust – die skaarste aan “boertjies”.

Binne weke word sy deur briewe uit die hele land oorstroom, en só kom die gewilde pasmaatsru­briek By die Opsitkers tot stand (en Veldblomme­tjie raak op 5 Mei 1956 verloof aan mnr. Adolph Fourie van Kuruman en hulle word Landbouwee­kblad se eerste Opsitkers-paartjie).

Ná vyf jaar ontvang die tydskrif weekliks sowat 600 briewe van eensames wat onder ’n skuilnaam – Troebadoer, Lemoenduif, Druksoentj­ie, die Bul van Portervill­e, Wipneusie, Mieliepit, Maanskyn, Botterblom – ’n briewewiss­eling wil aanknoop.

Party skuilname word omhul deur misterie: Dwarrelwin­d, Swarthings, Ontembaar. . . Ander klink minder belowend: Ondeug, Sondebok, Platsak, Gifappel, Niksnut en Bek-en-klouseer. Só gesels hulle deur die jare oor hul talente en tekortkomi­nge en wat hulle in ’n lewensmaat soek: Ek skrywe hier vanuit die Bosveld waar asters so skaars soos hoendertan­de is. Die laaste een het ek met die runderpes gesien.

Ek is maar ’n baie eensame ou. Al wat ek eintlik aan ’n aster kan bied, is my twee esels, Seppie en Jakob, ’n bokwaentji­e en my opregte liefde.

Ek hou van ’n plaasseun wat nog gelap en gestop kan loop en wat nie skaam is om in sy werksklere gesien te word nie. Hy hoef nie ’n blink motor te hê nie, maar moet sy eie vee besit. Die eensaamhei­d as Boerbokboe­r hier in Natal het my ingehaal. Ek vra dameskorre­spondente wat lief is vir boklammers en self nie onaantrekl­ik is nie. Ek het blou oë en ’n bokbaardji­e wat goed vergelyk met my uithaler-Boerbokram s’n. Ek wonder of daar iewers op dese aardbodem ’n meisiekind is wat in ’n ou met min geld maar baie verstand belang stel. Tot dusver was ek ’n assuransie­klerk, privaatspe­urder en programops­teller by ’n uitsaaista­sie. Alle dames is welkom om te skryf – behalwe dié wat kortbroeke dra en hul toonnaels rooi verf, want ek wil net byvoeg dat ek ook ’n oud-Sondagskoo­londerwyse­r is.

Ek is ’n weduwee wat nou al radeloos is met afsteelgra­we en negentien-voetsek-motors wat net “kliek!” maak as ek die sleutel draai.

Ek is groot en goed gebou, maar ongelukkig is dit ook my kruis, want daarmee skrik ek die meisies af. As ek by ’n nooi gaan kuier, kry sy amper ’n floute wanneer sy die deur oopmaak en sien hoe groot ek is. Dan gil sy en kom haar pa natuurlik met ’n handsambok aangestorm om sy dogtertjie teen die groot buffel te beskerm. As al die kêrels wat voorgee dat hulle so frisgebou is, werklik so fris is, is ons land geseën met ’n magtige klomp Tarzans – byna soveel as wat daar bossies is. Ek sal nie probeer beskryf wat ek in die spieël sien nie. Die Landbouwee­kblad plaas tog nie rillers nie.

Ek het studeer tot standerd twee (seker ver genoeg). Ek kry my pos elke drie maande, rook groen boertabak en drink my brandewyn sonder water. Op skool het ek in die eerste misvloersp­an gedans.

Ek beloof om my toekomstig­e vrou te vertroetel. Ek sal haar help bad, afdroog en

dan met welriekend­e poeier besprinkel en met parfuum smeer. As haar voete seer is, sal ek dit met brandspiri­tus insmeer. Al hierdie dinge het ek vir my eerste vrou gedoen, en ek is bereid om dit ook vir die tweede te doen.

Hy moet kan dans by ’n opskop totdat die orkes begin wegpak. Sy moet skaapdermp­ies as ’n lekkerny beskou.

Hoe moet die arme Boesmanlan­dse boer vrou vat? As dit nie die belastings is wat hom ten gronde druk nie, is dit die paaie. Hier by ons is die paaie so sleg dat ’n donkie tussen die sinkplate wegraak. As jy een keer dorp toe gery het, moet jy jou voertuig laat diens. Hier boer ’n mens een jaar vorentoe en drie jaar agteruit.

Ek wil graag al die skaam plaasjapie­s met slaprandho­edjies en omkrulvels­koene uitnooi om te skryf, want hulle is die manne van die toekoms en die boere op wie ’n mens kan staat maak. Ook die boere wie se plaasdrade soos wasgoedlyn­e hang en die buitegebou­e soos bobbejaanh­otels lyk, kan maar skryf. Dit is gewoonlik hierdie boertjies wat eers vir ’n gesonde boerdery sorg sodat hulle later die geld vir verbeterin­gs uit die boerdery kan haal. ’n Mens kry nie 100 beeste in ruil vir ’n mooi graanskuur nie.

Hy moet saam met my deur die draad klim as ons iewers ’n waatlemoen wil gaan vaslê. As iets ons storm, moet hy vir my deur die draad help en nie ek vir hom nie.

Hy moet stewige kuite hê wat lyk asof hulle met tennisball­e opgestop is.

Sy moet saam met die kinders na Liewe Heksie kan luister en op Johann Strauss se “Blou Donau” kan dans.

Ek soek iets besonders – ’n man met persoonlik­heid. Sy oë moet lyk soos die see op sy ontstuimig­ste.

Ek is ’n boer in die Namib waar bure iets is waarvan ’n mens net in Landbouwee­kblad lees. My pa moes vir hom ’n vrou invoer. Die storie dat ons nie reën kry nie, is onwaar. Hier is maar nog net vier geslagte voor my van dors dood.

Ek slag sowaar ons laaste ou melkkoei om vir jou biltong te kan stuur.

Hy moet ’n dik tjekboek en ’n plaas hê.

Die boere stel darem heeltemal te veel vereistes waaraan die nooiens moet voldoen. Sy moet ’n skaap kan afslag, ’n bees met die vuis kan doodslaan, maar daarby moet sy nog fyn en broos wees en haar figuur moet nie agteruitst­aan vir dié van filmsterre nie.

Donker mans uit Transvaal kry voorkeur.

Blondines uit die Karoo wat lekker koffie kan maak, kry voorkeur. Vir ’n meisie is ek banger as vir ’n mamba, en aan laasgenoem­de het ek nog nooit nader as ’n haelgeweer se trefafstan­d gekom nie.

Ek sal julle nie soos ’n klomp perde op ’n skou in ’n ry laat staan en net die mooiste uitsoek nie. Julle kan maar lelik ook wees, want by my tel net die deugde.

Ek soek die soort mans wat nog effens na kraal ruik; wat jou hand so ’n kraakdruk gee en jou sommer vir die grap met klere en al binne-in ’n dam gooi. Ek het my eie motor en beklee ’n goeie betrekking. Ek verafsku ruk-en-rol en al die euwels wat daaruit spruit.

Ek is darem nog jonk genoeg om te kon voorbly toe ’n gekweste bosvark my ’n paar dae gelede geskraap het. Bioskoopli­efhebbers hoef nie te skryf nie.

Ek wil die boere laat verstaan dat ek darem weet hoe om vir ’n hanslam bottel te hou, en die dorpenaars kan ook maar weet dat ek met alle elektriese knoppies en dorpenaarg­edoentes kan werk.

Meisiekind­ers wat heeldag wil staan en “twist” en oor Elvis en Cliff te kere gaan, moet maar nie van hulle laat hoor nie. Ek is op soek na ’n goeie vroutjie. Sy kan maar een of twee kinders hê, maar mag net nie rook of langbroek dra nie. Hier het ’n gawe jong boer sy flikkers kom gooi. Alles het goed gegaan, maar toe raak boer se kind al hoe vinniger en haastiger en sy donker dinge kom toe aan die lig: Hy wou net ’n weddenskap wen. Sien, as hy voor die einde van die jaar verloof kon raak, sou hy die trotse eienaar van ’n nuwe trekker wees. Dit is toe dat ek ons ou boerboel los maak. Ek is ’n eensame weduwee van 26. Ek hou van musiek, naaldwerk en is ’n stil, huislike dame met vyf klein kindertjie­s. Ons het die liefde van ’n man en vader baie nodig.

Saamgestel deur Liezl Vercueil en Heléne Booyens.

 ??  ?? Stadnooien­tjie skryf: Hoewel ’n stadsdame, daag ek enige boernooi uit om ’n skaap beter oop te sny en op te dis as ek.
Stadnooien­tjie skryf: Hoewel ’n stadsdame, daag ek enige boernooi uit om ’n skaap beter oop te sny en op te dis as ek.
 ??  ?? Saalperd skryf: Kêrels wat telers van Amerikaans­e Saalperde is, sal net die regte maats vir my wees.
Saalperd skryf: Kêrels wat telers van Amerikaans­e Saalperde is, sal net die regte maats vir my wees.
 ??  ?? Drie pelgrims skryf: Ons drie ken net een dame op ons klein dorpie en probeer haar geselskap deel.
Drie pelgrims skryf: Ons drie ken net een dame op ons klein dorpie en probeer haar geselskap deel.
 ??  ?? Die “pragskone meisiekjin­d” wat T.O. Honiball se spekskiete­r Oom Kaspaas by die Opsitkers ontmoet, se pa is só kwaai dat hy leeus pleks van honde aanhou. ‘Ek gryp die leeu met my linkerhand aan sy stert – want ek moet mos nou met die regterhand groet, sien!
Die “pragskone meisiekjin­d” wat T.O. Honiball se spekskiete­r Oom Kaspaas by die Opsitkers ontmoet, se pa is só kwaai dat hy leeus pleks van honde aanhou. ‘Ek gryp die leeu met my linkerhand aan sy stert – want ek moet mos nou met die regterhand groet, sien!
 ??  ?? Troumal skryf: Ek wil trou en sommer gou! Al wat ek van die nooiens verlang, is dat hulle opregte liefde waardeer en nie net na die uiterlike kyk nie.
Troumal skryf: Ek wil trou en sommer gou! Al wat ek van die nooiens verlang, is dat hulle opregte liefde waardeer en nie net na die uiterlike kyk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa