HOE DIE MFENGU WEER XHOSA GERAAK HET
Teen die laat 1880’s het die Mfengu deel van ’n Afrika-elite in die Oos-Kaap geword wat intellektuele, politici en suksesvolle boere ingesluit het. Maar dit was nie genoeg nie. In dié tyd is hulle onder groot omstredenheid deur die Kaapkolonie ontwapen voordat hulle totaal deur wit mag in die steek gelaat en aan die “verkeerde” kant van rassewetgewing gegroepeer is.
Die spanning tussen die Mfengu en die Xhosa het tot in die 20ste eeu voortgeduur (veral in die tuisland-konteks), maar die historiese wonde is vandag grootliks deur tyd en ondertrouery genees. Só sê mnr. Mthunzi Mpondo van die Rharhabe-Xhosa se koninklike kraal, Mngqesha. Sy ma en vrou is van Mfengu-afkoms.
Volgens mnr. Mazibuko Jara, ’n Mpondoafstammeling van die nedersetting Rabula naby Ntaba kaNdoda, het die innemende aard van die Xhosa-kultuur beduidend bygedra tot die versagting van die historiese spanning. “Ek dink nie die verlede is vergete nie, ek dink mense het net besluit om nie daaroor te baklei nie. Wat die verskil maak, is dat die Mfengu’s en ander, soos ek, ver-Xhosa het. Ons beoefen op beduidende maniere die Xhosa-kultuur.”
Ironies genoeg, dit was uiteindelik die Europese sendingstasies, soos die historiese Skotse Pirie-sendingstasie naby King William’s Town, wat die Mfengu en die Xhosa geleer het om mekaar te verstaan binne die konteks van moderne Afrikabevrydingspolitiek.
Die groot Afrikaleiers wat by die bekende 19de eeuse Oos-Kaapse sendingskole, soos Lovedale naby Alice en Healdtown buite Fort Beaufort, opgelei is, het die rasseprofiel van Suid-Afrika se politiek vir ewig verander. “Hulle (die sendingstasies) het hulle uitstekend van hul taak gekwyt,” sê Mthunzi. “Hulle het baie leiers inspireer, soos wyle prof. Davidson Don Tengo Jabavu (’n Mfengu wie se nasate steeds op Middledrift bly), (oudpres. Nelson) Mandela, Oliver Tambo en baie ander.”
die Xhosa en die Mfengu wat teen die laat 1870’s die rede was vir die Negende Grensoorlog (die laaste een) toe die Kaapkolonie die Gcaleka toegelaat het om na die suidelike kusstreek van hul voormalige tuisland (wat nou in die noorde aan Fingoland grens), terug te keer.
Dit was ’ n absurde koloniale beleid wat spoedig tot oorlog gelei het: ’n Onderonsie tussen die Xhosa en die Mfengu naby die Bawa- waterval langs die Qholorharivier in Augustus 1877 het gelei tot ’ n kollektiewe begeerte onder die Gcaleka om eens en vir altyd met die Mfengu af te reken. Die gesamentlike mag van Britse, koloniale en Mfengu-magte was egter duidelik te sien in die spoed van die veldtog in Gcalekaland tydens die Negende Grensoorlog. Ná uitstekende bydraes deur die Mfengu onder leiding van hul bekende leier Veldman Bikitshi – wat ná die oorlog na Engeland gereis en koningin Victoria ontmoet het – is die Gcaleka uiteindelik vroeg in Februarie 1878 naby die dorp Kentani verslaan.
Daarna het die aandag na die Ngqika verskuif – die hoofstam van die Rharhabe- afdeling van die Xhosa, wat onder hoofman Sandile se leiding was. Die Ngqika is na afloop van die Agtste Grensoorlog (1850-1853) deur die Britte uit die Amatolaberge verwyder en na ’n “reservaat” langs die Keirivier verskuif. Daar, onder Sandile se invloed, het ’ n groot deel van die Ngqika die Negende Grensoorlog as ’ n geleentheid beskou om terug te sluip na die beboste Amatolaberge vir ’n laaste brutale botsing met die Ryk.
By sy aankoms in die berge sou Sandile waarskynlik hartseer wees om veral Duitse setlaars in sommige van die Amatola-valleie aan te tref waar die Ngqika eens die septer geswaai het ná die oorwinning oor die Khoisan-groepe in die middel van die 1700’s. “Toe ons hulle teëkom, was daar botsings en veldslae en ons het hulle oorrompel,” vertel mnr. Mthunzi Mpondo van die Rharhabe-Xhosa se koninklike kraal, Mngqesha, in die voormalige Ciskei oor die Xhosa-oorwinning van die bergreeks. “Maar ná ’n tydjie was daar ’n vredesooreenkoms.”
DINGE VERSLEG VIR DIE XHOSA
Teen Mei 1878 het die geskiedenis finaal die Rharhabe- én die Ngqika- Xhosa se hoop op toekomstige onafhanklikheid beëindig. Ná ’n brutale koloniale veldtog was Sandile (wat ’n verskrompelde been gehad het),
www. BO: ’n Afgeleë stofpad naby die Pirie-sendingstasie aan die voet van die Oos-Kaapse Amatolaberge was op ’n tyd ’n bekende roete onder Britse, Mfengu-, Khoikhoi-, bruin en Xhosa-krygers tydens die 19de eeuse Grensoorloë.