Landbouweekblad

GAAN KRAGSLIM TE WERK

-

Mnr. André Compion besproei sy gewasse uit standhoude­nde fonteine. Daar is twee by die huis en nog ’n paar elders op die plaas. Die water vloei teen altesaam 120 m3 per uur met gravitasie (gratis) na ’n sinkdam. Vandaar word dit met elektriese pompe na die spilpunte gepomp. Die dam is net effens hoër as die lande geleë en word net sowat 10 m gelig. André besproei net bedags omdat hy dan sonkrag gebruik. Die besproeiin­gskoste is dus bykans nul.

Hy is aan die land se nasionale kragnetwer­k gekoppel, maar wek self krag met sonpanele by sy huis en gastehuis op. Wanneer hy ’n surplus elektrisit­eit opwek, word dit by die nasionale netwerk ingevoer, en as hy self krag kort, onttrek hy dit uit die netwerk. Die plan is om nóg sonpanele op te sit sodat die hele boerdery mettertyd ál sy benodigde krag self kan opwek.

Hy kry nie geld vir die elektrisit­eit wat hy aan die nasionale netwerk lewer nie, maar wel ’n krediet wat meebring dat hy net 50% van die normale tarief betaal wanneer hy krag uit die netwerk onttrek.

André sê danksy die sonpanele het sy kragrekeni­ng van ongeveer R45 000 per maand gedaal tot sowat R16 000 per maand, dus ’n besparing van R29 000 per maand of R348 000 per jaar. Die sonkragste­lsel het hom R1,5 miljoen gekos. Sy basiese koste op die rekening is R7 000, wat beteken hy betaal slegs R9 000 vir verbruik, die gastehuis met sy 18 elektriese waterverwa­rmers ingesluit.

“Daar is nie meer plek vir oudmodiese boerdery nie, want ’n mens kan nie só winsgewend boer nie. ’n Boer moet ’n entreprene­ur wees en doeltreffe­nder en volhoubaar­der boer,” sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa