‘PASOP MET UITVOER VAN WIT MIELIES’
DIE
Oesskattingskomitee se eerste verslag het die mielieoes op 9,665 miljoen ton beraam. Die verwagte produksie van wit mielies word op 4,696 miljoen ton beraam en dié van geel mielies op 4,968 miljoen ton. Die oordragvoorraad van wit mielies word op 491 000 ton beraam – as die dierlike gebruik van wit mielies beperk word. Die oordragvoorraad van geel mielies word op 664 000 ton beraam. Dit sluit ’n verwagte 400 000 ton invoermielies in. Talle skepe is al daarvoor bespreek en/of op pad na Suid-Afrika.
Dit is belangrik dat Suid-Afrika geen wit mielies uitvoer of vir dierevoer moet gebruik nie. Geel mielies word in talle lande verbou en wêreldwyd is die voor- raad tans goed, maar wit mielies word slegs in ’n paar lande verbou en verbruik.
Dit is dus makliker om geel mielies in te voer om Suid-Afrika se tekorte aan te vul. Wit mielies kan nie so maklik ingevoer word nie. Dit veroorsaak dat wit mielies ’n premie bo geel mielies behaal – dié premie was al selfs so hoog as R700/ ton. Tans is die premie vir wit mielies nie so groot dat die mark dink dat daar so ’n groot tekort aan witmielies gaan wees nie.
Vir ’n gedetailleerde ontleding besoek BVG se webblad en klik op die skakel “nuus”.
In die sewe dae tot 3 Maart het boere in die weste en sentra-
Skryf in vir BVG en verskans. Dis gratis en baie leersaam. Besoek om in te skryf.
le deel van die mielieproduksiegebied goeie reën ontvang. Dit behoort groot verligting vir van die boere te bring. Die week ná 3 Maart se reënvooruitsigte het met die skryf hiervan nie baie belowend gelyk nie en groot dele van Mpumalanga gaan deur ’n uitgerekte midsomerdroogte.
Die internasionale prys het die week van 24 Februarie tot 3 Maart met $0,07 per skepel gedaal – oftewel met $0,15 in twee weke.
RIETFONTEIN (645), 121 ha, aan J.J. en M.N. Bekker, van Chestnut Hill Inv. 212 (Edms.) Bpk., R2 800 000.
PRETORIA
ONVERWACHT (532), 12 ha, aan Eskom Holdings Soc. Bpk., van die Republiek van Suid-Afrika, R5 685 908. PLAAS 475, 25 ha, aan S.M. Kenene, van C.J. de Beer, R775 000.
ram het ook uitstaande BLUPwaardes naamlik; liggaamsgewig, +1,42; wolvagmassa, +0,593; mikron, – 1,23; st apellengte, + 8,45, en die ekonomiese waarde beloop R64,36.
Van Aardt sr. sê hoewel die prysverskil tussen fyn- en mediumwol die afgelope vier jaar vernou het, het dit sedert die begin van die jaar weer aanmerklik vergroot. Op die week se veiling was die gemiddelde prysverskil tussen 18 mikron en 22 mikron sowat R17 per kilogram skoonwol.
Die twee hoogste pryse op die veiling naas die R200 000 was onderskeidelik R34 000 en R28 000 wat deur mnr. Leon Groenewald van Matjieskloof, Riviersonderend, betaal is. Altesame 50 ramme is aangebied en teen gemiddeld R12 604 stuk uitverkoop.
BKB het die veiling, wat ’n omset van meer as R630 000 behaal het, aangebied. – THEUNS BOTHA Blinkhaar-ronderib-Afrikanerskape is veral bekend vir die massa vet en die gehalte daarvan wat in hul sterte opgeberg word. Op die bygaande foto van ’n ram op mnr. Julian Theron se plaas Plaatfontein in die distrik Richmond word die vetneerlegging in die ram se stert op 10 kg geraam.
Mnr. Dries Wiese van die Dorperstoetery Kasteel by Loxton sê die vraag na dié ras se ramme as koggelramme is baie hoog en hy ondervind gereeld navrae van belangstellendes.
“Die gebruik van Afrikanerkoggelramme is een van die mees onderskatte hulpmiddels vir die skaapboer om sy produksie vertikaal te verhoog. Die gebruik van slegs 1% van koggelramme in die kudde stel jou in staat om jou produksie met 20% te verhoog,” sê hy. Wiese het sy skape voorheen 42 dae lank gepaar, maar nou net 34 dae wat ook sy verlies aan lammers weens roofdierebeperk.
Die Afrikanerras is ook die enigste skaapras wat ’n ferromoon afskei terwyl die ram die ooi dek, wat die ooi laat superovuleer.
Daar is verskeie klein kuddes van die ronderib-Afrikanerskape oor die land versprei, maar daar is min suiwer kuddes oor. Tans is daar ook nie ’n genootskap wat die belange van die ras se telers dien nie.
MOENIE DIÉ RAS ONDERSKAT NIE