Landbouweekblad

Te veel voedingsto­wwe in SA damme – studie

- NAVRAE: Dr. Mark Matthews, e-pos: mark@cyanolakes.com.

Siaanbakte­rie kom wydverspre­id in die land se 50 grootste staande waterligga­me voor. Daarom sê dr. Mark Matthews, wetenskapl­ike in aardwaarne­ming aan die Universite­it van Kaapstad, daar is rede om baie bekommerd te wees oor die watergehal­te van groot waterligga­me.

Siaanbakte­rie staan algemeen bekend as blougroena­lge, maar Mark sê dit is eintlik ’n fotosintet­iese bakterie en nie ’n alg nie. Dit word veroorsaak deur te veel voedingsto­wwe in water, wat enige soort stikstof en fosfaat behels.

Mark het vir sy doktorale studie satellietb­eelde bestudeer wat van 2002 tot 2012 geneem is. Hy het die voorkoms van chlorofil, siaanbakte­rie en oppervlaks­kuim gemonitor.

Die studie, onder toesig van dr. Steward Bernard, wetenskapl­ike van die Wetenskapl­i- ke en Nywerheids­navorsings­raad (WNNR), is deur dié raad gefinansie­r.

SLEGSTE DAMME

Die situasie in die Hartbeespo­ort-, Darlingen Spitskopda­m is volgens Mark die ergste, met intermediê­re tot uitgebreid­e bedekking.

Hy het gevind in 18 damme was daar 10% tot 30% bedekking met siaanbakte­rie. In hierdie damme was die bedekking algemeen en het dit gereeld voorgekom.

Dit sluit Suid-Afrika se twee grootste opgaardamm­e in: Die Gariep- en die Vaaldam.

Sy studie het bevestig dat die Hartbeespo­ortdam ’n sogenoemde hipertrofi­ese stelsel is – uitermate ryk aan voedingsto­wwe – wat gereelde en hardnekkig­e siaanbakte­riële blomme en toestande van oppervlaks­kuim het.

Die hoogste vlakke van cholorofil is by die Mthatha-, Ncora-, Erfenis-, Krugersdri­ft-,

Ntshingway­o- en Allemanskr­aaldam gevind.

WAT BOERE KAN DOEN

Volgens Mark behoort onmiddelli­ke stappe by die Hartbeespo­ort-, Darling- en Spitskopda­m gedoen te word om die risiko van blootstell­ing aan oppervlaks­kuim te voorkom.

“Water met hoë vlakke van siaanbakte­rie is ’n ernstige gesondheid­srisiko en kan, indien dit in groot hoeveelhed­e ingeneem word, tot sterftes lei.”

Hy sê te hoë vlakke van voedingsto­wwe en siaanbakte­riële blomme kom wyd in Suid- Afrikaanse waterligga­me voor en so ook vergiftigi­ngs van huis- en wilde diere.

Volgens hom moet die probleem van watergehal­te aandag kry deur die behandelin­g van water by rioolwerke te verbeter, en om die plekke te identifise­er waar voedingsto­wwe die water binnegaan en dan daar stappe te doen.

’n Moontlike oplossing is die bou van keerdamme en plantvleil­ande wat die voedingsto­wwe sal absorbeer.

Mark sê boere kan help voorsorg tref dat mens en dier wegbly van water met siaanbakte­rie. Diere moenie die water kan drink nie en mense moenie daarin swem nie.

Die voorkoming van siaanbakte­rie vereis ’n langtermyn­strategie waardeur verseker moet word dat landboubem­estingstow­we of diere-afvalwater nie deur wateraflop­e in riviere of damme beland nie. Dieselfde geld rioolwater.

Mark se maatskappy, CyanoLakes, moniteer en assesseer siaanbakte­rie en watergehal­te in groot damme en gaan in die toekoms gratis waarskuwin­gs en inligting oor watergehal­te aan die publiek bied.

‘n Nuwe studie wys té veel voedingsto­wwe beland in Suid-Afrika se damme en mere, en die landbou en rioolwerk word as oorsake genoem.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa