Landbouweekblad

VOERKRALE IN BOTSWANA BIED MIN AAN SA BOERE

- Landbouwee­kblad,

Die artikel “Voerkrale in Botswana bied goeie kanse aan SA boere” (LBW, 13 Mei) deur mnr. Wessel Lemmer het betrekking. Dit skep darem net ’n té rooskleuri­ge prentjie. Dit bring volgens my (wat al sedert 2012 in Botswana boer) glad nie die werklike struikelbl­okke waarmee die voerkraalb­edryf in dié land te kampe het, in berekening nie. Terloops, ek het geen aandeel in die bedryf van ’n voerkraal nie.

Hoewel sekere goed, soos die sterk pula, veldbeeste (organies) en voerkrale wat onderbenut word, korrek is en seker aanloklik is vir Suid-Afrikaanse boere, is dit beslis nie die hele prentjie nie.

Faktore, soos die invoer van feitlik ál die voer uit Suid-Afrika (ja, ons voer nou selfs mielierest­e van so ver as Zambië in), groot afstande en die gebrek aan voldoende waterbronn­e, bring groot koste mee. Die lae reënval en gebrek aan oppervlakw­ater (afgesien van in die verre noorde) maak die maak van kuilvoer in Botswana feitlik onmoontlik.

Wessel se stelling dat net 20% (dus 44 000) van die nasionale “oes” van 220 000 beeste wat jaarliks in Botswana geslag kan word, vir die Europese Unie (EU) goedgekeur is en dus vir die duur pula in aanmerking kom, is feitelik korrek.

Die C-klasse moet egter nog van dié getal afgetrek word. Dan bly nie eens genoeg speenkalle­rs oor om een behoorlike voerkraal vol te maak nie. Bestaande voerkrale (Bray, Ghanzi, Lobatse en Gaborone) en die Botswana-vleiskommi­ssie (BMC) moet dus om hierdie bietjie speenkalle­rs meeding.

Dit is maar een van die redes hoekom feitlik ál die voerkrale in private besit in Botswana reeds toegemaak het of afskaal. Beeste sal dus uit Suid-Afrika ingevoer PLANTTYD OP NAMPO-PARK . . . moet word (saam met hul voer). Dit is ’n groot en duur probleem.

Botswana se sanitêre en fitosanitê­re wetgewing vir uitvoer na die EU is geweldig streng. Net vir bek-en-klouseer sal elke dier deur Onderstepo­ort getoets moet word (teen sowat R800 per bees) en die nodige kwarantynt­ydperk moet deurstaan. Dis duur. Glo my, ek het dié oefening ’n paar jaar gelede vanuit Vryburg probeer.

Verder word slegs sekere doseermidd­els in Botswana toegelaat. Ander wat vrylik en met groot sukses in Suid-Afrika gebruik word, is in Botswana verbode. Saam met die totale verbod op hormone en groeistimu­lante in Botswana kan die voeromsett­ing per speenkalf maklik met sowat 35% daal. (Wessel se voeromsett­ing Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur dr. Dries du Toit geskryf. van 1 kg vleis per 1,4 kg voer in Suid-Afrikaanse voerkrale kan onmoontlik korrek wees.) Die normale 90 dae tot 120 dae wat ’n bees in ’n voerkraal moet wees om die vereiste uitslaggew­ig van 200 kg in Botswana te haal, styg dus maklik tot enigiets van 150 dae tot 180 dae. Dit stoot voerkoste geweldig op.

BMC se eenkanaalb­emarking beteken dat beeste oor groot afstande (500 km tot 700 km) na die voerkraal of na die slagplaas vervoer moet word, wat groot koste meebring.

Organiese veldbeesbo­erdery in Botswana is feitlik heeltemal van somerweidi­ng afhanklik vir die uitgroei van speenkalle­rs vir voerkrale. Dit is dus geweldig siklies van aard. Vir lang tye van die jaar is daar eenvoudig nie genoeg speenkalle­rs vir voerkrale beskikbaar nie, dus word hulle

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Al is die vyfjarige Gertjie Rossouw van Potchefstr­oom ’n dorpsjapie, neem hy die boodskap van Nampo letterlik op en plant hy reeds in die kol. Hy kon nie wag om sy nuwe geskenke eers by die huis uit te pak nie en het, salig onbewus van die duisende...
FOTO: JOHAN NORVAL Al is die vyfjarige Gertjie Rossouw van Potchefstr­oom ’n dorpsjapie, neem hy die boodskap van Nampo letterlik op en plant hy reeds in die kol. Hy kon nie wag om sy nuwe geskenke eers by die huis uit te pak nie en het, salig onbewus van die duisende...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa