Landbouweekblad

UITVOER MAAK NIE SIN NIE

- Gobabis, Namibië

Die artikel “Voerkrale in Botswana bied goeie kanse aan SA boere” (LBW, 13 Mei) het betrekking. Ek dink nie mnr. Wessel Lemmer besef wat die prys van speenkalwe­rs in Botswana is nie. Dit is sowat 7 pula (R9,87) tot 8 pula (R11,28) per kg. Die pula is ook nie so sterk dat dit groot rol speel nie.

In die begin van die artikel praat hy van hoe gelukkig Botswana is om marktoegan­g tot die Europese Unie (EU) te kan hê. Later beveel hy aan dat boere groeistimu­lante gebruik. Wil hy hê hulle moet hul beter mark ook verloor? Dit maak nie sin nie. Dit het nog nooit gewerk om voer na beeste toe aan te ry nie.

Ek kan nie sien hoekom hy sê die monitering­stelsel om toe te sien dat groeistimu­lante nie in die voosiening­sketting beland nie, is te ingewikkel­d. Ons in Namibië doen dit al jare lank.

Die boere sit opgeskeep met kalwers in Botswana. Hoe kan jy nog beeste daarheen wil uitvoer? Die probleem is dat die Botswana-vleiskommi­ssie (BMC) deur die staat bestuur word. Meatco in Namibië word heeltemal anders bedryf. As ons nie vir Meatco gehad het nie, sou ons groot probleme gehad het.

Ja, die monitering­stelsel kos baie en verg baie werk, maar as jy dit elektronie­s doen, soos ek, dan is dit baie makliker. Ek vra my permitte elektronie­s aan. Ek skandeer my beeste in en druk alle dokumentas­ie uit.

Ek glo ook nie dat net 20% van die beeste vir die EU-mark in aanmerking kom nie. As dit so is, moet hul liewers dááraan iets doen.

Ek hoop u kan my punt insien dat daar geen manier is dat Suid-Afrika kalwers na Botswana kan uitvoer nie. JOHAN DE JAGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa