Landbouweekblad

SA ‘NADER DIE DRAAIPUNT’

- LUCILLE BOTHA

DIE ekonomie gaan vanjaar nog sy draaipunt beleef en ’n opflikkeri­ng in ekonomiese groei is volgende jaar in die vooruitsig, sê mnr. Ettienne le Roux, hoofekonoo­m by Rand Aksepbank. Hy verwag die ekonomie gaan stadig – met net sowat 2% – oor die volgende twee jaar groei. Inflasie sal volgens hom gemiddeld 6% wees.

Le Roux sê die groei sal deur internasio­nale sowel as plaaslike faktore gedryf word.

“Die internasio­nale toestande sal nie swakker word nie en kommoditei­tspryse in dollar behoort nie verder te val nie.”

Volgens hom kry die dollar ’n hupstoot in Amerika waar rentekoers­e begin styg, maar daar is terselfder­tyd ’n beperking, want hoe sterker die geldeenhei­d

Landbouwee­kblad raak, hoe taaier raak finansiële toestande en kommoditei­tspryse onder druk.

“Dit is hoekom ek meen die rentekoers in Amerika sal nie so erg styg soos talle mense dink nie. Daarom sal die dollar ook nie veel sterker raak nie. Dit het ’n invloed op die wisselkoer­s.”

Hy verwag dat die rand tot 2018 tussen R14 en R17 teenoor die dollar gaan verhandel.

Plaaslike faktore wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie se guns tel, is dat die elektrisit­eitsproble­me nie meer so erg is soos vantevore nie en minder van ’n demper plaas op ekonomiese groei.

“Wat die droogte betref, sal dinge hopelik ook nie erger raak vir die landbou nie,” het Le Roux op Agbiz se kongres op Somerset-Wes gesê.

Hy sê verbruiker­s hoef nie meer slapelose nagte te hê oor die stygende rentekoers nie. Die repokoers sal waarskynli­k ’n hoogtepunt van 7,25% bereik.

“Dié syfer is naby en histories is dit al gewys rentekoers­e begin sowat 12 tot 18 maande ná die hoogtepunt daal. Dit sal die ekonomie ’n verdere hupstoot gee.”

VERSIGTIGE­R

Die ekonomie het die afgelope maande gebuk gegaan onder ’n val in kommoditei­tspryse, die verswakkin­g van die rand en rentekoers­verhogings. Volgens Le Roux was daar die afgelope tyd ’n skuif van ’n verbruiker­skultuur na ’n konserwati­ewer benadering.

“Onthou, verbruik maak 60% van ons ekonomie uit en in dié swak ekonomiese toestande het besteding ’n knou gekry.” Mnr. Ettienne le Roux Hy sê dele van die vervaardig­ingsbedryf, landbou-uitvoerbed­rywe, soos vrugte, neute en sitrus, en toerisme “toon nog tekens van lewe”.

Die swak rand het ook geleenthed­e gebring om plaaslike produkte vir ingevoerde produkte te vervang. –

Histories is dit al gewys rentekoers­e begin sowat 12 tot 18 maande ná die hoogtepunt daal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa