Landbouweekblad

SAKELUI MOET SÉLF INSPRING

- LUCILLE BOTHA

DIT is nie nodig om op die Regering te wag om Suid-Afrika se probleme te takel nie, maar die sakewêreld is beter gerat om die struikelbl­okke self te hanteer en sal boonop groter voordele daaruit trek. Só sê mnr. Mpumelelo Mkhabela, bestuurder van die geselsradi­ostasie Power 98.7 en voormalige redakteur van die dagblad Sowetan.

Hy het op die Agbiz-kongres op Somerset-Wes gesê die sakewêreld moet ’n manier vind om die gaping toe te maak tussen die swart jeug se verwagting­e en die werklikhed­e in Suid-Afrika.

“Ons moenie net saamstaan as ’n krisis ons in die gesig staar nie, soos wanneer die kredietgra­deringsage­ntskappe kom aanklop nie. Ons moet aan ’n toekomsbee­ld skaaf en ons toekoms daarvolgen­s beplan. Ons sal nooit oplossings kry as ons net reageer op alles nie. Ek dink ons moet weer lewe blaas in daardie instelling­s, soos Nedlac, wat ons gehelp het om rondom die tafel te sit en dinge uit te praat. Ons moet egter seker maak hierdie forums werk en dat dit tot ons voordeel strek.”

Veral sakelui moet vernuwend wees en vrywillig optree pleks daarvan om op die Regering te wag om iets te doen.

“Hoekom wil julle altyd op die Regering wag? Almal weet wat die probleme in die land is en het ’n goeie idee oor hoe om dit op te los. Dit is ’n probleem dat 60% van werklose, jong Suid-Afrikaners nog nooit ’n werk gehad het nie. Dit is ’n probleem dat jong, swart mense met bestuurs- of tegniese vaardighed­e oor die afgelope 20 jaar met 2% afgeneem het. Sakelui is meer geskik om te help as die Regering, want dit is nie net in die belang van die voorheen benadeelde­s nie, maar die sakewêreld sal ook baat vind by ’n nie-rassige, nie-seksisties­e, verenigde, florerende land.”

DOEN DIE REGTE DING

Hy sê wyle dr. Anton Rupert het al in die 1970’s die beginsel van 50-50-vennootska­ppe tussen swart en wit sakelui voorgestel.

“Voor 1993 en voor swart ekonomiese bemagtigin­g (SEB) wet was, het Sanlam die eerste maatskappy geword wat ’n SEB-transaksie gedoen het. Ek verstaan nie hoekom mense vandag oor ’n soortgelyk­e voorstel kla nie. In die Rupert-voorbeeld en die Sanlam-transaksie was Mnr. Mpumelelo Mkhabela daar geen wet wat dit afgedwing het nie. Die maatskappy het dit gedoen omdat hy geglo het dit is die regte ding om te doen.”

Mkhabela sê polities-gebaseerde bemagtigin­gskortpaai­e wat ’n vinnige oplossing belowe, behoort bevraagtek­en te word.

‘Hoekom wil julle altyd op die Regering wag? Almal weet wat die probleme in die land is en het ’n goeie idee oor hoe om dit op te los.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa