Landbouweekblad

ANC vat Land Bank weg van Tesourie

- JOYLENE VAN WYK en LUCILLE BOTHA LUCILLE BOTHA CARIEN KRUGER

DIE mandaat van die Land Bank sal hersien word en hy sal weer teruggaan na die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, het die nasionale uitvoerend­e komitee (NUK) van die ANC besluit.

Die Land Bank is in 2008 uit die ou Departemen­t van Landbou en Grondsake na die Tesourie geskuif weens ongerymdhe­de in die bestuur.

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het op ’n perskonfer­ensie ná ’n vergaderin­g van die NUK die skuif verduideli­k.

“Boere op kommunale grond het nie toegang tot geld van die Land Bank nie, want hulle het nie titelaktes nie. Maar op daardie kommunale grond kan kos geprodusee­r word wat tot voedselsek­erheid bydra. ’n Ontwikkeli­ngsinstell­ing (soos die Land Bank) moet hierdie werklikhei­d meer as ’n kommersiël­e bank verstaan. Een manier hoe dit kan gedoen word, is wanneer hy met daardie sektor (die landbou) werk,” het Mantashe gesê.

Die NUK meen dis van uiterste belang dat herverdeel­de grond produktief is. Ondersteun­ingsmaatre­ëls, soos die toegang tot geld en markte, gehalte en doeltreffe­nde voorligtin­gsdienste en infrastruk­tuur, was onder meer beklemtoon om produksie te verbeter.

“Daar sal ’n spesiale klem wees op landelike gebiede, dorpe en alle ander gebiede waar dienste tekortskie­t.”

KOMMERSIEE­L

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz wat tot onlangs in die Land Bank se direksie gedien het, meen die skuif is ’n fout.

“Ek is bang dit is ’n politieke oorweging en dat dit nie vanuit ’n good governance-oorweging gedoen word nie.”

Hy sê die Land Bank is juis van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se vlerk verskuif omdat daar groot bestuurspr­obleme in 2007 en 2008 ontstaan het.

“Dit het harde werk gekos om die bank se integritei­t te herstel. Ek twyfel sterk of daar vermoë binne die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye is om ’n toesighoud­ende funksie oor die Land Bank en sy werksaamhe­de te vervul. Ek weet daardie vermoë bestaan wel by die Tesourie.”

Mnr. Omri Van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het gesê dit is belangrik dat die bank wat ’n instelling vir ontwikkeli­ngsfinansi­ering is, sy mandaat en dienste aan kommersiël­e kliënte behou.

Die bank het tot onlangs uitstekend gevaar met die omdraaistr­ategie, ongekwalif­iseerde oudits, ’n groeiende kliëntebas­is die afgelope drie jaar en ’n jaar tot jaar bategroei van ongeveer 14%.

Dit is van die uiterste belang dat die bank onder die wetgewing funksionee­r wat dit in werking gestel het en dat die oudit en “skoon” verslagdoe­ning behou word. “Enige moontlikhe­id van bedrog en korrupsie moet afgeweer word.”

Van Zyl het gesê dat Agri SA bekommerd is oor wat die uitwerking daarvan op die leningsvoo­rwaardes met die finansiers is. “Die Land Bank het ongeveer 30% van die landbouboe­k in Suid-Afrika. As die voorwaarde­s verbreek word, sal die instansie nie institusio­nele steun kry om die bedryf voortaan te ondersteun nie.”

Hy het ook gesê dat kontantvlo­ei en die groei van die bank belangrik is. ’n Situasie dat die bank weer ’n probleem met toegang tot kapitaal sal hê, sal baie skade doen. –

As Brittanje in die referendum op Donderdag 23 Junie besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat, sal Suid-Afrika van voor af met dié belangrike handelsven­noot vir marktoegan­g en samewerkin­gsooreenko­mste moet onderhande­l.

Mnr. Peter Draper, besturende direkteur van die ondernemin­g TUTWA Consulting, het op Agbiz se kongres op Somerset-Wes gesê hy twyfel of Brittanje die EU die rug sal keer.

“Indien dit wel gebeur, sal Brittanje nie langer aan die EU se handelsoor­eenkomste hoef te voldoen nie. Dit beteken die handelsoor­eenkomste met Suid-Afrika sal beëindig word. Daar sal geen samewerkin­gsooreenko­mste wees nie en ons sal weer moet onderhande­l. Dit kan veral moeilik wees as Brittanje groter toegang vir sy produkte tot Suid-Afrikaanse markte wil hê.”

In die ergste geval kan Brittanje besluit om nie weer sy mark vir Suid-Afrikaanse produkte oop te maak nie.

Draper meen egter dit gaan meer probleme vir Brittanje as vir Suid-Afrika beteken, want hy sal ook van nuuts af met ander lande moet onderhande­l.

“Selfs pres. Barack Obama het Brittanje onlangs laat verstaan dat Amerika bereid sal wees om te onderhande­l, maar Brittanje sal in ’n lang tou moet inval om dit te doen.” –

Old Mutual hoop om munt te slaan uit landbougro­nd in Afrika deur ’n verhoogde aandeel in die landbou-beleggings­maatskappy UFF African Agri Investment­s.

Old Mutual het aangekondi­g hy het sy aandeelhou­ding in UFF van 28% tot 49% verhoog. Me. Diane Radley, uitvoerend­e hoof van Old Mutual Investment Group, sê die landbou as bateklas het internasio­naal reeds groot momentum gekry, maar in Afrika is dit nog in sy kinderskoe­ne.

UFF African Agri Investment­s is reeds geruime tyd 'n raadgewer vir Old Mutual Investment Group se fondse Futuregrow­th Agri en Old Mutual Agri.

Die plase waarin die maatskappy­e belê, moet aan omgewings-, maatskapli­ke en bestuursta­ndaarde voldoen. –

Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa