Landbouweekblad

NET DIE TYD SAL LEER

Kenners meen die Onteiening­swet op sigself bedreig nie eiendomsre­g nie, maar kommer heers steeds oor sekere bepalings.

- NICO VAN BURICK, JOYLENE VAN WYK en ALBERTUS VAN WYK

DIE Onteiening­swet, wat nou net pres. Jacob Zuma se handtekeni­ng kort om wet te word, gee nie aan die Regering magte wat hy nie voorheen gehad het nie. Trouens, die staat was nog altyd by magte om grond vir grondhervo­rming onder markwaarde te onteien, maar het dit nie gedoennie.

Só sê prof. Elmien du Plessis, kenner van onteiening­swetgewing aan die Noordwes-Universite­it. Sy het verlede week gereageer op kommer dat dié wetgewing die einde van die “gewillige koper, gewillige verkoper”-benadering tot grondhervo­rming beteken.

“In dieselfde asem kan ek sê dit is ook onmoontlik om grond sonder vergoeding te onteien tensy die Grondwet verander word. Die nuwe wet bied eerder groter beskerming aan die eienaar omdat die staat verplig word om eers ’n ooreenkoms te probeer beding.”

Die Nasionale Vergaderin­g het die wet voorverled­e week goedgekeur nadat agt jaar lank aan wysigings aan die huidige Wet op Onteiening (Wet 63 van 1975) gewerk is om dit in ooreenstem­ming met die Grondwet te bring.

Du Plessis het aan Landbouwee­kblad gesê enige wet kan natuurlik verkeerd geïmplemen­teer word, maar dit beteken nie Mnr. Nico Groenewald daar is fout met die wet nie.

“Volgens my ervaring het die Departemen­t van Openbare Werke nog altyd die onteiening­swetgewing korrek nagekom. Wat grondhervo­rming betref, kan ek nie sien hoe die onteiening­swetgewing iets gaan verander as die staat in die afgelope 20 jaar grondhervo­rming nie doeltreffe­nd kon toepas nie.”

GRYS GEBIEDE

Mnr. Nico Groenewald, hoof van Agribesigh­eid by Standard Bank, sê die wet sal nie die bank se benadering drasties verander nie. “Ons gaan nie ons modus operandi verander nie en ons gaan ook nie ons leningskra­ne toedraai as gevolg van die wet nie. Ons wag vir die howe om die grys gebiede in die wet te toets, soos die begrip ‘openbare belang’.

“Waarna ons wél gaan kyk, is om ander tipe finansieri­ng te doen as om so swaar te steun op grond as sekuriteit. As gevolg van ons geskiedeni­s is dit ’n redelike kopskuif wat gemaak moet word. Daar is verskillen­de redes daarvoor. Gaan kyk byvoorbeel­d bo en behalwe die wet na wat die koste van produksiem­iddele deesdae is, teenoor wat die grond werd is.

“Ek meen sowat 65% van die bank se blootstell­ing aan die landbou is versekuree­r deur Dr. Anthea Jeffery grond. Dit is dus ’n veilige hawe vir enige finansier.

“Ek meen hierdie wet gaan dit nou net meer relevant maak dat ons gaan kyk na verskillen­de maniere van finansieri­ng.”

Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder, glo die onteiening­swetsontwe­rp is nie só drakonies as wat algemeen gedink word nie.

“As ’n mens, nes die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverho­udinge (IRV) doen, die wetgewing in konteks plaas van ander stukke wetgewing wat aan die Regering wyer magte gee om by eiendomsre­g in te meng, kan jy die kommer verstaan. Die voornemens van die staat word egter deur die regstelsel gepolisiee­r.

“Ek stem saam daar kan kommer wees oor die staat se interpreta­sie van die onteiening­swetgewing en die uitvoering daarvan, maar daar sal regstellin­g deur die howe wees indien dit uitgebuit word.”

Croucamp sê op ’n skaal van bedreiging­s teen die landbou, sal hy dit nie onder die boonstes plaas nie. “Dinge soos die gevolge van die droogte en die ekonomie is veel eerder dinge waaroor boere hulle moet kwel.”

Volgens Agri SA se regs- en beleidsraa­dgewer, me. Annelize Crosby, is boere se twee groot kwellings dat die staat in die toepassing van die wet as ’n standaardb­enadering minder as markwaarde se vergoeding sal aanbied, asook die koste verbonde daaraan om dan ’n dispuut in die howe te beveg.

“Ons sal in elk geval die toepassing daarvan fyn in die oog hou en, indien nodig, sal Agri SA toetree om boere by te staan.”

EIENDOM

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnav­orsing van die IRV, sê die gebruik van Artikel 25 van die Grondwet se definisie van eiendom maak verskeie soorte eiendom, soos vee en ander roerende bates, myne, en dalk ook plase en ander lopende ondernemin­gs, kwesbaar vir onteiening. Saam met die grond bekom die staat “ook onroerende verbeterin­gs, toerusting, voertuie en ander roerende bates”, sê sy. Jeffery sê dit is tans nie duidelik of dié definisie ook bates, soos ’n pensioenfo­nds, insluit nie.

As ’n eiendom onteien word, word die verband op so ’n eiendom ook beeïndig. Die moontlikhe­id bestaan dat die vergoeding vir die onteiende eiendom nie genoeg is om die uitstaande lening te betaal nie. Die onteiende eienaar bly dan steeds verantwoor­delik vir die uitstaande bedrag op sy lening.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa