Landbouweekblad

NIGERIË | Mot eet tamaties

- Tuta absoluta, NICO VAN BURICK

Die regering van die staat Kaduna in Nigerië het ’n noodtoesta­nd afgekondig ná ’n motplaag duisende hektare tamaties vernietig het. Tamaties is ’n stapelvoed­sel in dié land.

Dié motspesie, het meer as 17 000 ha tamatielan­derye op die buitewyke van die noordelike stad Kano vernietig. Die miljardêr mnr. Aliko Dangote se $200m-tamatiever­werkingsaa­nleg moes noodgedwon­ge sluit weens die tekort aan voorraad. Boere het die plaag tamatie-ebola gedoop.

Volgens ’n kommissari­s van landbou in Kaduna kos ’n grootmaat-mandjie tamaties nou 42 000 naira (sowat R3 300), teenoor 1 500 naira (sowat R120) voor die plaag. Die mot, wat van SuidAmerik­a kom, raak vinnig weerstandi­g teen plaagdoder­s en versprei dus vinnig.

2 Die ontwikkeli­ng van die stelsel is geskoei op ’n Australies­e stelsel vir ’n eindpunthe­ffing (end point royalty) waardeur saadmaatsk­appye vir hul intellektu­ele eiendom vergoed word.

Boere baat terselfder­tyd deur die opbrengs- verhogings wat deur teling en tegnologie moontlik word.

“As ’n mens na die groter prentjie kyk, is die heffing 0,5% van die boer se prys en dit beteken hy moet vyf tot ses kilogram per hektaar meer produseer om dit te betaal. As ’n mens kyk na die opbrengsve­rhogings wat met beter saad moontlik is, is dit ’n baie klein prys om te betaal,” sê Theron.

’n Nie-winsmaatsk­appy, SA Cultivar & Technology Agency (SACTA), sal die heffingsge­ld hanteer. Die sojaboonbe­dryf vorm ook deel daarvan.

In dié bedryf was die voorstel ’n aanvanklik­e heffing van 1,2% van die sojaboonpr­ys. Op ’n oes van 800 000 ton en ’n prys van R5 000/ton beteken dit sowat R48 miljoen vir die saadmaatsk­appye.

Die tegnologie­heffing staan los van die huidige statutêre heffing van R17/ton op koring wat op 30 September verval en waarvoor die Koringforu­m ’n verlaging gevra het omdat dit nie meer vir planttelin­g voorsienin­g maak nie. Dié heffing word gebruik vir onder meer die verskaffin­g van inligting, gehalteen graderings­dienste, transforma­sie en administra­sie. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa