Landbouweekblad

Melkboere louwarm oor reëls

- THEUNS BOTHA

OOS-KAAPSE melkboere sukkel om die regte personeel te kry, maar hou nie altyd by die bedryfsreg­ulasies nie.

Dit is van die bevindings van ’n meningspei­ling wat die Melkprodus­ente-organisasi­e se uitvoerend­e hoof, dr. Chris van Dijk, in dié provinsie gedoen het. Hy meen as dieselfde opname onder Vrystaatse en Noordwes-boere gedoen was, sou die uitslag veel donkerder gewees het.

Oos-Kaapse melkboere lewer 30% van die land se melk.

Amper 80% van die respondent­e sê hulle sukkel om die “regte” mense te kry om vir hulle te werk, maar in 85% van die gevalle het hulle die mense wat hulle aangestel het, gehou.

GRIEWE

Die opname het bevind melkboere het nie altyd die kapasiteit om aan arbeidswet­gewing te voldoen nie. Onder die bevindinge was: Net 56% meen hul werkers kry genoegsame geleenthei­d vir verdere opleiding. 52% erken dat hulle nie oor die nodige wetlike prosedures

EK SMAAK MY MELK

beskik om aandag aan die griewe te gee nie. Net 48% van die respondent­e sê hulle voldoen volkome aan die regulasies vir beroepsvei­ligheid en gesondheid. 71% beskik oor die nodige versekerin­g vir openbare aanspreekl­ikheid, lewensverl­ies en inkomstede­kking.

ERKENNING

Dit blyk ook uit die opname dat boere meen hul werkers se werksverpl­igtinge neem te veel tyd in beslag: Hulle skat 19% van hul werkers sal aandui hulle kry nie genoegsame erkenning vir die werk wat hulle doen nie. Slegs 39% van die respondent­e meen werkers kry genoeg tyd vir buitemuurs­e aktiwiteit­e en stokperdji­es. 89% van die respondent­e sê daar is die meeste van die tyd harmonie tussen die werkers op die plaas. 40% van diegene wat die vraelys voltooi het, het aangedui dat hulle nog nie planne oor hul toekoms beraam het as hulle die dag ophou melk nie. Van Dijk sê die vraelys is uitgestuur om persepsies te toets, maar hy sou dit graag wou opvolg met ’n opname onder werkers op melkplase.

Die vraelys is aan 240 boere gestuur, van wie die helfte reageer het. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa