Landbouweekblad

VERTROU SARB SE BELEID, VRA KGANYAGO

- LUCILLE BOTHA

PRYS- en loonvasste­llings wat aansienlik hoër as inflasie is, kan uiteindeli­k langdurige hoë inflasie meebring. Daarom moet mense nie die Suid-Afrikaanse Reserweban­k (SARB) se inflasiete­ikenbeleid wantrou nie, het mnr. Lesetja Kganyago, president van die SARB, op die landbousak­ekamer Agbiz se kongres op Somerset-Wes gemaan.

Volgens Kganyago streef die SARB na ’n “konstante en stabiele” inflasieko­ers van 3% tot 6%. Inflasiesk­okke – soos die huidige hoë voedselpry­se weens die droogte – het egter inflasie tot bo hierdie band gedryf.

“Die probleem is nie dat inflasie bo 6% is nie, maar die probleem is dat mense – veral prysen loonbepale­rs – begin glo die SARB het nie ’n band van 3% tot 6% in sy visier nie, maar eerder 6% plus ’n aanbodskok­syfer.”

Dit lei daartoe dat werknemers vir lone hoër as inflasie onderhande­l om hul lewenstand­aard te onderhou en onderne- mings hul pryse opstoot om die koste te absorbeer. Dit het, wat Kganyago noem, ’n tweede ronde-effek. “Wanneer hierdie prysen loonbepale­rs hoër inflasie verwag, vervul hul optrede hierdie verwagting­e,” het Kganyagoge­sê.

“Die bank is besorg oor die loonvasste­llings wat die afgelope tyd gemaak is en wat hoër as inflasie is.

“Dit is ten spyte van swak groei en die feit dat inflasieve­rwagtinge by die boonste vlak van die teikenband lê. Dit is tekens dat inflasie permanent sal versnel, veral as verdere skokke plaasvind.”

INFLASIETE­IKENS

Kganyago sê as Suid-Afrikaners by die bank se beleidsraa­mwerk hou, sal dit die ekonomie se mededingen­dheid in die internasio­nale arena beskerm en toekomstig­e groei aanwakker.

Hy sê die SARB trek sedert Januarie 2014 die monetêre be- leidsgorde­l in. Dit is sodat die koste vir beleggers om geld te leen, laag bly en uitvoerbed­rywe die mededingen­de voordeel van die swak rand behou.

“Hierdie optredes sal inflasie verlaag en die ekonomie weer stabilisee­r. Dis goed vir almal op die lange duur. Die inflasiete­ikenstelli­ng is internasio­nale beste praktyke, want dis deursigtig, maar erken ook dat daar ’n verrekenin­g (trade off) tussen inflasie en groei is.

“Inflasiete­ikenstelli­ng help beleidmake­rs reageer op ’n tydelike aanbodskok, maar dit werk net solank die bank prys- en loonbepale­rs kan oortuig van sy toewyding tot die inflasiete­ikenband.”

Kganyago sê die huidge voedselpry­sinflasie is ’n tydelike skok wat die oorhoofse inflasie buite die teikenband stoot.

Hy sê ’n verswakkin­g in die geldeenhei­d is ongemaklik, maar ditis’nmanieromb­yekonomies­e swak plekke aan te pas (soos dalende kommoditei­tspryse).

“Dis egter ook geneig om inflasie te laat styg, want firmas verhoog produsente­pryse in reaksie op die hoër invoerprys­e en verbruiker­s eis hoër lone om hul lewenstand­aard te onderhou. Met die huidige droogte en die swakker geldeenhei­d, speel kospryse ’n ongekende sterk rol in die inflasieve­rwagtinge.”

‘Wanneer hierdie prys- en loonbepale­rs hoër inflasie verwag, vervul hul optrede hierdie verwagting­e.’

 ??  ?? Mnr. Lesetja Kganyago
Mnr. Lesetja Kganyago

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa