Landbouweekblad

Markte handel reeds asof S&P SA as rommel beskou

- LUCILLE BOTHA

BY verlede week se Agbiz-kongres was die vraag op almal se lippe of Suid-Afrika die kredietgra­deringsage­ntskap Standard & Poor’s Vrydag sou kon oortuig om nie die land se kredietgra­dering afwaarts aan te pas nie.

Die agentskap Moody’s het vir ’n groot verrassing gesorg toe hy in Mei besluit het om Suid-Afrika se kredietgra­dering onverander­d te laat op Baa2/P-2. Dit het gevolg nadat Moody’s Suid-Afrika se ekonomiese verwagting­e in Desember van stabiel na negatief verander het en in Maart na negatief met die bedoeling om dit af te gradeer.

Standard & Poor’s en Fitch het Suid-Afrika albei vroeër een stap bo rommelstat­us gegradeer.

Mnr. Ettienne le Roux, hoofekonoo­m by Rand Aksepbank, het op Agbiz se kongres op Somerset-Wes gesê almal wonder sedert Maart waarom Standard & Poor’s Suid-Afrika nie afgegradee­r het nie.

DRAAIPUNT

Hy sê sekere aspekte van die Suid-Afrikaanse ekonomie het “net genoeg twyfel” by Moody’s geskep om “nie die sneller te trek nie”, en meen Moody’s was beslis beïndruk met mnr. Pravin Gor- dhan, Minister van Finansies, se begroting in Februarie – veral die inisiatiew­e wat groei aanspoor. Dit sluit dié inisiatiew­e in: Die Regering se plan om die onafhankli­ke kragverska­ffer-model vir hernieubar­e energie uit te brei; Die Kommissie vir Bemiddelin­g, Versoening en Arbitrasie (KBVA) sal ’n meer aktiewe rol speel om arbeidsdis­pute op te los; Invest SA (’n alles-in-een-diens vir potensiële beleggers) is intussen op die been gebring; Staatsbehe­erde ondernemin­gs moet doeltreffe­nder raak en koste aansienlik besnoei; Die maatreëls om visum-regulasies te verslap het ook reeds in werking getree; ’n Aangepaste migrasiebe­leid sal help om die vaardighei­dstekort aan te roer; Gordhan het ook aangedui die openbare tenderpros­es sal gemodernis­eer word om korrupsie uit te roei en geld te bespaar.

SLEGTE NUUS

Volgens Le Roux sou dit nie ’n groot skok gewees het as Standard & Poor’s Vrydag slegte nuus gebring het nie.

“Suid-Afrika dryf reeds handel asof ons êrens tussen BB en BB+ lê, maar hoewel die finansiële markte dalk klaar die slegte nuus verdiskont­eer het, sal die régte ekonomie dit steeds voel.

“Die koste van finansieri­ng sal vir almal styg – van staatsligg­ame tot banke en verbruiker­s. Met verloop van tyd kan dit net nadelig wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa