Landbouweekblad

CHINA | Wed op die weer

- — JOHAN VAN DER MERWE

Waarnemers verwag dat spekulante gaan probeer om munt te slaan uit La Niña. Dié weerversky­nsel sal na verwagting droër weerstoest­ande in graanprodu­serende gebiede in Amerika en SuidAmerik­a bring, wat die vraag na en pryse van landboupro­dukte kan opstoot. In 2012 het La Niña ’n rampspoedi­ge uitwerking op graan- en oliesaadop­brengste in Amerika gehad.

Waarnemers meen landbou-kommoditei­te raak al hoe gewilder namate die belangstel­ling in termynkont­rakte op ystererts en staal vervaag.

Verder is daar nie vanjaar, soos in 2015, ’n ooraanbod van landboupro­dukte in China nie.

Julie se termynkont­rakte vir sojabone en mielies het in April met meer as 10% toegeneem, met die sojaboonpr­ys wat met meer as $10 per skepel op een dag gestyg het. Pryse het ietwat gestabilis­eer in Mei. “Die aanvanklik­e ondersoek het getoon dat daar ’n ooronttrek­king uit John Bell & Co. se trustreken­ing was. Weens hierdie bevinding is ’n dissiplinê­re verhoor in April met die direksie belê, maar hulle het uitstel gevra, wat toegestaan is.

“Ná verdere ondersoek is bevind dat die trustreken­ing ’n tekort van meer as R1 miljoen getoon het. Apac het toe ’n dringende hofinterdi­k aangevra, wat nou in werking is. Die dissiplinê­re verhoor sal nou in Julie plaasvind,” sê Pretorius. Mnr. André Young, die bedryfsen bemarkings­bestuurder by die mark, sê hulle is verlig oor die doeltreffe­nde wyse waarop die wet toegepas word.

“Ná herhaaldel­ike en aanhoudend­e onwettige optrede deur die agente van John Bell & Co., en talle geleenthed­e wat hulle gegun is om hul sake in orde te kry, is daar geen gehoor gegee aan die dissiplinê­re verhore nie. Hierdie geval is ’n pluimpie vir die owerhede wat die agentskapp­e moet reguleer.”

Volgens Pretorius sal die interdik teen John Bell & Co. in werking bly tot ná die dissiplinê­re verhoor. “Indien John Bell & Co. en sy direksie tydens die dissiplinê­re verhoor deur die tribunaal skuldig bevind word en boere uit Apac se getrouheid­sfonds vergoed moet word, sal ons met strafregte­like en siviele sake teen die direksie optree. Dan sal die reg sy gang moet gaan.”

In Maart 2015 het die OosKaapse streekshof mnr. Wian Colesky, wat by die NAK-markagents­kap in Uitenhage in diens was, 12 jaar tronkstraf opgelê weens ’n trusttekor­t van meer as R2 miljoen. “Dit is niks anders as om boere se geld te steel nie, en die hof het bewys dat dit ’n saak is wat ernstig opgeneem word. Die wet word doeltreffe­nd toegepas,” sê Pretorius.

‘Dit is niks anders as om boere se geld te steel nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa