Landbouweekblad

SWAK RAND GOED VIR BEDRYF

- – JASPER RAATS

DIE WILDBEDRYF in Suid-Afrika staan sterk danksy die swakheid van die rand teenoor die Amerikaans­e dollar, sê die voorste wildboer mnr. Piet Warren van Letsitele in Limpopo.

Warren was onlangs geleenthei­dspreker by die Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse wynveiling in Mokopane, waar hy gaste meegedeel het dat vraag na goeie trofeedier­e wildboerde­ry nog lank staande gaan hou, al lyk dit oor die kort termyn of pryse verlangsaa­m.

Hy verduideli­k dat dit vyf jaar gelede nog $12 000 gekos het om ’n buffelbul in Suid-Afrika te kom jag. Teen die wisselkoer­s van dié tyd was dit gelykstaan­de aan tussen R80 000 en R84 000.

Deesdae kos dit net $8 500 om ’n buffelbul te jag, maar danksy die wisselkoer­s kry die Suid-Afrikaanse boer nou R130 000 vir dieselfde buffel as vyf jaar gelede.

Hy glo egter die bedryf kan beter presteer en meer oorsese jagters lok as dit nie was vir die vuurwapenw­et wat die invoer en gebruik van jaggewere vir buitelands­e besoekers bemoeilik nie.

JAGVELD WAARDEVOL

“Tussen tien en vyftien jaar gelede het omtrent 3 500 buitelands­e jagters Namibië per jaar besoek en sowat 5 800 buitelande­rs het elke jaar in Suid-Afrika kom jag. Ons kry nou net oor die 8 000 internasio­nale jagbesoeke­rs en Namibië kry nagenoeg 20 000,” sê Warren.

Hy meen dat Suid-Afrika se selektiewe teelprakty­ke die land in die toekoms nog goed te staan gaan kom. “Die werklike waarde van wild lê in die jagveld. Daar bepaal die wêreld se ongeveer 70 miljoen eienaars van vuurwapens wat vir jagdoelein­des geregistre­er is die prys. Dit is daardie vraag wat die prys vir uitsonderl­ike teelmateri­aal onderskraa­g.”

PRYSE

Oor kommer dat huidige veilingpry­se laer as verlede jaar s’n is, sê Warren boere moet besef Suid-Afrika gaan onder ’n droogte gebuk. Alle veepryse ly onder droogtes, maar verstewig weer wanneer ’n droogte gebreek is.

Hy sê die koop en verkoop van diere is ’n eenvoudige landbousom. “’n Mens kan nooit meer as twee en ’n half keer vir ’n vroulike dier betaal as wat jy vir haar lam of kalf kan verdien nie. As jy dit doen, boer jy agteruit.”

Hierdie reël geld ook vir die wildbedryf, sê Warren. “Met die ondersteun­ing wat die swakker rand ons gee en in die toekoms gaan gee, sal die mark die wildbedryf na daai ‘twee en ’n half’norm druk en bly druk. Solank ons dit verstaan, sal ons vooruit boer.” BO:

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Meer as helfte van die Nasionale Wolkwekers­vereniging se begroting gaan aan wolproduks­ie in kommunale gebiede.
FOTO: THEUNS BOTHA Meer as helfte van die Nasionale Wolkwekers­vereniging se begroting gaan aan wolproduks­ie in kommunale gebiede.
 ?? FOTO: ARGIEF ?? Goeie teelmateri­aal versterk Suid-Afrika se jagbedryf.
FOTO: ARGIEF Goeie teelmateri­aal versterk Suid-Afrika se jagbedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa