Landbouweekblad

WILDBEDRYF MOET NOU UITDAGINGS BESTUUR

Wild word jaarliks van Februarie tot November verkoop. Uit prysinligt­ing en die aantal diere wat in die eerste derde van vanjaar verkoop is, blyk dit dat sekere wildsoorte se pryse toeneem en ander se pryse daal.

-

DIE vraag na wild word deur die droogte beïnvloed. Dit is dus nie net ’n gewone afname in die vraag na wild nie. Die droogte het onder meer meegebring dat die vraagkurwe geskuif het. Benewens die feit dat weiding skaarser en voer duurder is, het die droogte ook ’n nadelige invloed op wildkopers, soos graanboere.

Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers het tot 0,4% gedaal. Die swakker rand en faktore wat die rand se waarde beïnvloed, skep onsekerhei­d by oorsese beleggers. Gevolglik beleef die wildbedryf ’n afname in die vraag na wild. Pryse kan dus groter prysbewegi­ngs toon op kleiner veranderin­ge in die vraag na wild. Die vraag na goeie teelmateri­aal en die betrokkenh­eid van beleggers by sekere wildsoorte, soos buffels, help dat dié diersoorte hul waarde behou.

AANBOD

Van die genoemde faktore dra daartoe by dat meer wild vanjaar op veilings beskikbaar kan wees. In ’n ideale wêreld sou dit die regte ding wees om die aanbod van sekere wildsoorte op plaaslike veilings, asook die aantal veilings, laag te hou.

Individue kan om verskeie redes irrasional­e besluite neem. Dit kan daartoe lei dat die aanbod van wild op veilings en die aantal veilings toeneem. As die vraag na wild afneem en die aanbod sou toeneem, kan dit vanjaar tot laer gemiddelde wildpryse vir sekere wildsoorte lei.

Jagpakkett­e waarvan die prys in rand vasgestel is, is nou goedkoper en plaas druk op pakkette waarvan die prys in dollar vasgestel is. Die volle voordeel van ’n swakker rand behoort eerder optimaal tot voordeel van die wildbedryf benut te word.

Die GRAFIEKE hieronder dui prysneigin­gs as ’n prys-indeks vir vier verskillen­de groepering­s wild aan.

Mnr. Wessel Lemmer (foto) is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg. Dr. Flippie Cloete is verbonde aan die Noordwes-Universite­it se Eenheid vir Omgewingsw­etenskap en -bestuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa