Landbouweekblad

SPLINTERNU­WE TEGNOLOGIE ‘KYK’ BINNE VRUGTE

- — LUCILLE BOTHA

Danksy splinternu­we tegnologie kan ’n groot appel-en-peerpaksku­ur nou binne-in hul vrugte “kyk” om die suikervlak­ke te toets of om interne probleme, soos verbruinin­g, op te spoor.

Die Two-A-Day-groep in Grabouw het onlangs ’n Greefa-sorteerder met tien bane uit Nederland geïnstalle­er. Dit is die grootste in sy soort in die Suidelike Halfrond en kan tot agt vrugte per sekonde hanteer.

Saam met nuwe iFA-ligtegnolo­gie wat tot binne die hart van elke appel of peer kan “sien”, kan die maatskappy nou appels en pere se Brix-inhoud nagaan en vir interne probleme soek. Tot dusver was dit nie moontlik sonder om die vrugte oop te sny nie. Die Greefa-kameras kan ook stingelver­bruining bereken, sonbrand op appels meet en die verskil tussen haelskade en ander merke raaksien. Dit wys ook kneusing en papper vrugte uit.

Die nuwe tegnologie skyn ’n hoë-intensitei­t-lig deur die vrugte en sagteware meet dan die verskil in die ligintensi­teit om enige probleme te bepaal. Dit is basies ’n vrugte-vriendelik­e manier om ’n X-straal van elke vrug te neem sonder om dit te beskadig.

Kamera-skandeerto­erusting het produktiwi­teit by die pakskuur al met 25% laat styg. Dit was egter tyd om die digitale GigEkamera wat hoëdefinis­iebeelde geneem het om kleurselek­sie te verbeter, op te knap, sê mnr. Conrad Fick, Tru-Cape se bemarkings­bestuurder. INLAS: BO: Tru-Cape versprei Two-A-Day se vrugte. Conrad sê verbruiker­s het deesdae baie spesifieke verwagting­e oor die vrugte wat hulle koop.

“Tru-Cape se pakskure het nou die vermoë om met algoritmes vrugte met ’n beter kleur en sonder merke uit te soek. Met dié belegging sal ons miljoene rande bespaar, want ons produktiwi­teit sal toeneem en minder vrugte sal verwerp word omdat dit nie aan verpakking­spesifikas­ies voldoen nie of tekens van interne skade wys.”

Hulle wou nie bekend maak wat die tegnologie gekos het nie.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Conrad Fick.
Die Greefa-sorteerteg­nologie waarmee vrugte se interne gehalte bepaal kan word sonder om die vrugte oop te sny.
FOTO: VERSKAF Mnr. Conrad Fick. Die Greefa-sorteerteg­nologie waarmee vrugte se interne gehalte bepaal kan word sonder om die vrugte oop te sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa