Landbouweekblad

MET IT-KOMPETISIE

-

Jong boere en studente uit Afrika en Europa het vanjaar weer die kans om R270 000 te wen vir hul idees om vernuwende satelliett­egnologie in die landbou te gebruik.

Die Europese agentskap Global Navigation Satellite System (GNSS) en sy omgewingsa­gentskap bied dié kompetisie aan, en die masjinerie-vervaardig­er Claas en die landboumaa­tskappy Bayer borg dit.

Die Farming by Satellite-kompetisie het ten doel om satelliett­egnologie in vernuwende landbou-praktyke aan te moedig en die impak van die landbou op die omgewing te verminder.

Deelnemers hoef nie self te boer nie, maar die plan waarmee hulle vorendag kom, moet op die landbou, voedselpro­duksie en die benutting van grond van toepassing wees.

Daar is vanjaar ook ’n spesiale prys vir enige voorleggin­g wat in die behoeftes van boere in Afrika voorsien, en die wenner in hierdie afdeling kan met prysgeld van R105 000 wegstap.

Enige individu of span van ’n universite­it of kommersiël­e organisasi­e kan hul nuwe planne en tegnologie­se oplossings inhandig, of gevallestu­dies van proewe, veral dié wat die Europese Geostation­ary Navigation Overlay Service (EGNOS), die Galileo-stelsel of die Copernicus-diens gebruik.

Die vorige wenner, mnr. Daniel Hege van Duitsland, het ’n goedkoop outomaties­e GPS-stuurstels­el ontwerp, waarmee groenteaan­plantings se ry-spoed versnel word, en wat verseker dat ’n stuk grond in sy geheel beplant word.

Vorige finaliste het ontwerpe, soos aanlyn-dataplatfo­rms met geo-verwysings, swerm-tegnologie, robotte wat saad met presisie plant, tegnologie om olywe selektief te oes en die gebruik van hommeltuie in vroeë waarskuwin­gstelsels oor hongersnoo­d, ingeskryf.

Enige student of boer jonger as 32 kan deelneem. Die sluitingsd­atum vir registrasi­e is 30 Oktober. — FREDALETTE UYS

www.farmingbys­atellite.eu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa