Landbouweekblad

BOU SÓ RESERWES NÁ DROË SEISOEN

- — LUCILLE BOTHA

Ná die warm, droë tafeldruif­seisoen moet boere betyds begin met bemestingb­eplanning om soveel moontlik plantreser­wes vir die nuwe seisoen op te bou. Dít was die boodskap op die boeredag van Crimson Seedless Alliance op De Doorns.

Mnr. Lionel van Schalkwyk van Terason, ’n maatskappy wat landbouche­mikalieë verskaf, het boere met genoeg water aangeraai om met bemesting voort te gaan soos normaalweg.

“Moenie te vroeg toedien nie, want dan word hergroei bevorder. Moet ook nie te lank wag nie, want dan tree blaarverou­dering in en die grondtempe­rature daal. Die mikpunt is om soveel as moontlik reserwes op te bou.”

As daar watertekor­te is, moet toediening selektief gedoen word soos die beskikbare water dit toelaat. “Dien net die noodsaakli­ke elemente toe en probeer keer dat die wortelsone met onnodige soute verbrak. Dit sal opname nog verder bemoeilik,” het hy gesê.

As geen besproeiin­gswater beskikbaar is nie, kan blaarvoedi­ngs help om die wingerd se reserwesta­tus te verhoog.

Boere moet hul bes doen om te sorg dat lote minstens 100 cm lank is teen blomtyd.

Tafeldruif­boere in die Olifantsri­viervallei het die afgelope seisoen 33 dae beleef waarop die kwik bo 40 °C gestyg het. “’n Gewone seisoen het agt of nege sulke dae,” het mnr. Jacobus Viljoen van JV Fruit and Wine gesê.

Volgens dr. Philip Myburgh van die LNR se Infruitec-Nietvoorbi­j-Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbos­ch moet boere hul besproeiin­gstrategie in sulke droë tye aanpas. “Die beskikbaar­heid van besproeiin­gswater is in sekere gebiede kritiek. Soms is daar niks beskikbaar nie.”

Waar nie meer water beskikbaar is nie, moet boere die blokke uitsoek wat die grootste wins lewer en alle aandag aan hulle gee. “Jong blokke is ook belangrik. Gee eerder langer besproeiin­gsiklusse, minder gereeld, as die gewone, kort siklusse.” Philip sê ook winterreën en lugvog gaan ’n belangrike rol in volgende jaar se oes speel.

Mnr. Philip Viljoen van Agchem het gesê die water se gehalte moet gereeld getoets word. “Pas die pH-waarde en volume aan wat jy per hektaar toedien. As jy min spuit, dien minder sout toe.”

 ?? FOTO: BOB NICHOLS, USDA ?? Crimson Seedless-druiwe in die wingerd.
FOTO: BOB NICHOLS, USDA Crimson Seedless-druiwe in die wingerd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa