Landbouweekblad

RAWE VERVUIL IN SKOTLAND

- — ALAN HARMAN

’n Aanlyn-oorlog woed omdat Skotse boere vra dat hulle toegelaat moet word om jag te maak op die wêreld se grootste kraai-spesie.

Die boere sê rawe val toenemend hul pasgebore lammers en kalwers aan.

In een aanlyn-petisie, wat mnr. Danny Bisset van Thurso in Skotland begin het, word die Skotse natuurerfe­nis-agentskap gevra om die wet te wysig sodat boere rawe voortaan mag skiet om hul vee te beskerm.

Danny sê raaf-aanvalle op ooie en pasgebore lammers het vanjaar al talle vrektes veroorsaak, met gepaardgaa­nde emosionele trauma en groot verliese vir skaapboere. Die natuurerfe­nis-agentskap sê daar is ongeveer 12 000 pare gewone rawe in Brittanje, waarvan die meeste in Skotland is.

Rawe is die grootste voëls in die kraai-familie. Hulle is heeltemal swart, met groot snawels en lang vlerke. Hulle is gemiddeld 63 cm lank en weeg gemiddeld 1,2 kg.

Die grootste deel van die afgelope eeu is hulle skaars in Brittanje gesien, maar hul bevolkings het dramaties toegeneem weens ’n afname in die aantal wildopsigt­ers en ál meer wilde diere wat doodgery word, wat as kos vir die rawe dien.

Danny vra die raaf moet op die lys voëlsoorte gevoeg word wat sonder ’n algemene lisensie gejag mag word. ’n Algemene lisensie gee dié reg aan boere om ernstige skade aan lewende hawe te voorkom. Bewaringge­sindes is egter bekommerd dat so ’n regulatori­ese veranderin­g rawe kan laat uitsterf. Hulle het hul eie aanlyn-petisie begin, wat deur byna 27 000 mense onderteken is.

’n Groepie rawe woon in die Tower van Londen, en volgens oorlewerin­g sal die Britse koningshui­s en Brittanje ineenstort as dié rawe verlore sou raak of wegvlieg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa