Dok Theo se hart is in ’n boom
Hy is ’n bekende gesig van Afrika-landbou en voorsitter van drie groot landbou-unies. ’n Projek van een van dié unies is laas jaar deur die Bill & Melinda Gates-stigting geoormerk as die werkbaarste plan vir landboufinansiering in Afrika. Maar eintlik is
Vyftien jaar gelede, toe die eerste grondeise in Limpopo op 26 plase in die omgewing van Trichardtsdal afgekondig is, het dr. Theo de Jager met mnr. Mashile Mokono, die eertydse grondeisekommisaris, onderhandel oor ’n skikking tussen boere en grondeisers.
Hy het gou bekend geword as ’n kampvegter vir regverdige en doelmatige grondhervorming met die oog op volhoubaarheid, eers in Agri Limpopo en later in Agri SA.
Tans dien hy as voorsitter van drie Afrika-gerigte landbou-organisasies waar hy hom vir die ontwikkeling van die landbou in Afrika beywer – die Pan-Afrika-boere-organisasie (PAFO) wat uit 74 nasionale landbou-unies in 49 lande bestaan, die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SACAU), wat uit 17 nasionale landbou-unies in 12 lande bestaan en die Agri All Africa vir Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese kommersiële boere wat elders in Afrika boer.
Met so ’n lywige portefeulje vergeet ’n mens soms dat hy ook ’n boer is. Dit is immers sy liefde vir die landbou wat hom in dié groot skoene laat beland het en dieselfde liefde wat hom tussen vergaderings, berade en konferensies laat terugkeer om elke moontlike minuut op sy plaas, Red Bank, in die George’s Valley-omgewing naby Tzaneen deur te bring. “As ek voor elfuur in die aand met ’n vergadering in Gauteng klaarkry, ry ek huis toe. Ná elf slaap ek oor en ry die volgende oggend vroeg.”
BOME IS SY MAATS
Theo boer met palms en broodbome waarvan hy saad na Nederland en Duitsland uitvoer. Hy verskaf ook bome aan kwekerye, maar verskaf nie bome aan die kleinhandelsmark nie. Hy lewer avokado’s aan Pick n Pay, mango’s aan ’n plaaslike atjarfabriek,
Tussen sy landboubestuursverpligtinge bring dr. Theo de Jager elke moontlike minuut op sy plaas Red Bank in die omgewing van Tzaneen deur. ■ Hy boer met bome – enigiets van vrugte- en bloekombome tot brood- en palmbome. ■ Theo is een van die dryfvere agter ’n reddingsplan vir kommunale boere wat vee in die droogte verloor het. Nie net hul vee word vervang nie, maar die teelmateriaal word ook verbeter.
makadamias aan ’n lekkergoedfabriek op Tzaneen en tussen Kersfees en Nuwejaar oes hy lietsjies.
“Ek wil nuwe lietsjieboorde onder by die rivier vestig in die hoop dat dit my oestyd ’n bietjie sal vervroeg sodat ek ook oor die Kerstyd vakansie kan hou,” sê hy en lag. Bo teen die berg het hy ’n bloekomplantasie.
Toe hy in 2000 sy eerste plaas by Trichardtsdal gekoop het nadat hy vir drie jaar