Landbouweekblad

‘Mense sê ons woon in die middel van nêrens, maar ek glo ons woon in die middel van alles.’

-

5 7 8

die jaar versprei, wat die veld vir langer tye groen maak en lekker rivierpoel­e verseker.

Met donker steek ons ’n vuurtjie aan en al wat jy hoor, is die swartkeel-geelvinke wat nes bou.

Ons sien uit na die vroegoggen­dstap saam met mnr. Toppie Booysen, wat in 2008 as veldgids gekwalifis­eer het. “Die veld is bekend vir my; ons het as kinders die vrugte van die veld geëet en geweet wat om vir tandpyn of maagkrampe te pluk.”

Hy wys elke bos uit en name, soos ghwarriebo­om, noem-noem, doppruimbo­om, gif-melkbos en bitterpata­t, rol van sy tong af. “Ek is ’n Xhosa, maar ons mag mos destyds net Afrikaans gepraat het. Nou ken ek nie eers die veldplante se Xhosa-name nie, maar dit help as ons Afrikaanse toeriste kry.”

AFTREDE NIE VIR STILSIT

Ons het gehoor van mnr. Jacques Payne, ’n ingenieur en geoloog, wat saam met sy vrou, Annemarie, vier jaar gelede van Stilbaai hierheen verhuis het. Hulle het afgetree by die see, maar stilsit is die Paynes nie beskore nie. Eerder plaas koop en woel.

Hulle was die laaste paar jaar bedrywig: Eers is die tuin voor die huis reggeruk, toe het hulle 3 000 olyfbome bo in die klowe geplant. Daarvan is 1 500 deur koedoes – “gewoontemi­sdadigers” – opgevreet. Hulle boer ook met met vye, granate, lusern en 300 Angorabokk­e, en het vanjaar hul eerste olyfolie gepars. 9

Toe bou Jacques vir twee jaar ’n pad die Grootkloof in, man-alleen met ’n stootskrap­er en uitgraafma­sjien. Hoekom? “Want mense het vir my gesê jy kan nie ’n pad in die Grootkloof bou nie!”

Toeriste kan nou die kloof kom verken. Dit is volgens plaaslike inwoners nog mooier as die Baviaanskl­oof. Die plantegroe­i verteenwoo­rdig die Bosveld, Karoo en fynboskoni­nkryk. “Ek sê so tong in die kies jy sal die meeste soorte plante op aarde hier vind, want daar is meer as vyf biome hier.”

Jacques het aanvanklik gedink die padbouery sal help met toegang tot weiding vir sy vee, maar die natuurskoo­n het hom oorrompel. Hy het al 27 fonteine ontdek en daar woon troppe wilde Boerbokke.

“En, kan jy glo, heel bo in die klowe wat amper aan die wolke raak, hang daar mos aan die bome – in die hartjie van die Karoo. Ek sien geen teken dat mense al ooit daar was nie, behalwe die ou, geroeste grensdrade wat oor die koppe loop.”

Sy 93-jarige pa het as jong man in die Grootrivie­r kom jag en volgens hom het dit sedertdien nie veel verander nie.

Jacques het die plante en blomme op sy plaas begin afneem en bietjie daaroor geskryf, sodat hy vir toeriste ’n klein gidsboek kan gee.

“Ek het meer as ’n dag afgeneem om neer te skryf, en toe skaars ’n stukkie veld groter as ’n kombuistaf­el gedek. Toe besef ek hoeveel plante hier werklik is.” 6. 7. 8. 9. 6

SYBOKHAAR-LEGENDE

Met hierdie mooi beelde in my gedagtes kom ons by mnr. Billy en me. Irene Colborne van Kilborne aan – met eiers wat Adriana vir hulle saamgestuu­r het.

Irene is bly oor die eiers. Sy bak vir Sophie’s Choice op Willowmore, en hoewel die eiers haar bas red, het haar verskoning vir geenbak-vir-vandag nou by die venster uitgewaai.

Billy is sinoniem met die sybokhaarb­edryf. Sy studeerkam­ermuur hang vol sertifikat­e vir rekordprys­e wat hy vir sybokhaar behaal het.

Billy se pa het die plaas in 1925 gekoop en hy het hom in 1956 hier kom vestig. “Ek het 4 000 bokke in my kudde, en die kennis en liefde vir die diere kom maar van my oupa af,” vertel hy.

Ons hoor dat die prys van sybokhaar die afgelope paar jaar goed geklim het. Die feit dat dit nou spesialisv­esel-status geniet – soos onder meer alpakkahaa­r – dra daartoe by.

Voor die sifdeur lê twee skaaphonde – Billy se ander liefde waarmee hy naam gemaak het. Ek het in die distrik gehoor as jy so ’n jaar of wat terug mooi gevra het, het hy die honde geroep en gewys waartoe hulle in die skaapkraal in staat is. Ook daarvoor het hy al ’n rits pryse ingepalm.

Dis asof die gulheid en gasvryheid van die mense hier ’n kombersie om my hart gevou het. Oomblikke wat jy saamvat vir padkos.

Maryke Roberts is ’n vryskutskr­ywer.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: CLIFFORD ROBERTS ?? 5. Die T3-grondpad neem jou verby al die plase en hul lieflike mense in die Grootrivie­rvallei.
Dalk nie die plek om aan te klop as jy ’n koedoe is wat vir aanwysings wil vra nie. Dié foto is by Dirk van der Mescht se hek op Fullarton geneem.
Die...
FOTO’S: CLIFFORD ROBERTS 5. Die T3-grondpad neem jou verby al die plase en hul lieflike mense in die Grootrivie­rvallei. Dalk nie die plek om aan te klop as jy ’n koedoe is wat vir aanwysings wil vra nie. Dié foto is by Dirk van der Mescht se hek op Fullarton geneem. Die...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa