Landbouweekblad

’n Koringmeul wat in die 1860’s aan die Weskus koring gemaal het, is vandag te sien in Kosie Meissenhei­mer se plaasmuseu­m naby Aurora.

-

Voordat die eerste brug by Laaiplek (destyds bekend as Rooibaai) gebou is, moes mens en dier met die pont oor die Bergrivier vervoer word. Carl Stephan se meul, wat deur twee perde getrek is, het in dié era koringboer­e se oes gemaal. Later kon dié enkele meul nie meer voorbly nie en Carl, ’n grondmagna­at, moes nog ’n meul aankoop. Hy was volgens oorlewerin­g ’n Noorweegse vishandela­ar.

Kosie Meissenhei­mer van Boplaas, naby Aurora, se oupagrootj­ie het die eerste meul, wat later in onbruik verval het, gekoop en na Boplaas vervoer. Om te keer dat daar verwarring tydens die heropboupr­oses is, het hy elke onderdeel met Romeinse syfers gemerk.

Kosie vermoed die verskuiwin­gsproses het voor die 1900’s plaasgevin­d, aangesien sy grootjie die Romeinse IV as IIII aangedui het.

Kosie, die vyfde geslag op die plaas, het ’n perdestal kundig in ’n woonhuis met ’n aangrensen­de museum omskep. Dis hier waar die meul hom nou bevind.

Die meul het destyds op Boplaas gewerk – nie net vir die Meissenhei­mers nie, maar ook vir boere van die kontrei. Ná die Depressiej­are het boere nie meer koring op plase gemaal nie, maar smouse soos Katcheff het koring gekoop en later die meel verkoop, vertel Kosie. Hy onthou die smouse se besoeke baie goed: Die kosgoed, wol, knope, garing en eiers. Altyd met die hoenderfui­k boop, sê hy laggend. grys geverf. Hy het dit afgeskuur om die pragtige, ingevoerde dennehout te “bevry”. Al die onderdele was nog daar: Die poelie, aangedryf deur middel van gevlegte riempies, twee meulstene (Kosie het ’n houtkas booor gebou) en ’n trog wat fyn meel in houers uitgiet.

Dit het goeie beplanning geverg om die graniet meulstene skerp te hou. Die boonste een draai booor die onderste steen, wat vasgeboud is, en moes jaarliks afgehaal en omgedraai word om die groefies weer skerp te maak. Die steen weeg ongeveer 200 kg.

Kosie se ouma het vertel hoe ’n besoeker die gesin op ’n keer verras het toe die boonste, swaar steen opgelig moes word. Hy’t almal mooitjies gevra om opsy te staan, want hulle gaan hulself seermaak. Toe het hy die sware klip manalleen opgelig en omgedraai!

Die onderste meulsteeun word skerpgemaa­k deur gleufies in die graniet te kap. LINKS: Boerbokvel gemaak. “’n Mens sny die boudekant oop en werk die nek en gaatjies van die pote toe. ’n Perfekte meelsak!”

Die sekel en sens waarmee daar destyds geoes is, getuig hoe baie handewerk die proses geverg het. Koring is op die dorsvloer uitgetrap (gewan). Die kaf is letterlik van die koring geskei voordat die koring met skepels in mudsakke geskep is. Sterk arms het mudsakke na solders opgedra om dit daar te bêre.

’n Mens wonder: Hoe is goggatjies uit die koring gehou? “Die oumense het hul plannetjie­s gehad, boererate. Soms is Bendex rondom die sakke gestrooi. Verder het almal van ons seker onwetend ’n goeie dosis DDT ingekry!” skerts Kosie.

* SuidAfrika­anse geskiedeni­sbronne meld reeds sedert 1721 die gebruik van koringmeul­ens aan die Kaap.

Sarie Marais-Nell het onlangs die uitdaging aan haarself gestel om binne ses weke ses historiese skatte op plase op te spoor.

 ??  ?? BO: Nog houtgereed­skap uit vervloë dae, toe hande-arbeid aan die orde van die dag was.
Kosie Meissenhei­mer by die antieke koringmeul in sy plaasmuseu­m. Die poelie (bo), twee granietste­ne en ’n trog wat meel in ’n bokvelsak stort, is sigbaar.
BO: Nog houtgereed­skap uit vervloë dae, toe hande-arbeid aan die orde van die dag was. Kosie Meissenhei­mer by die antieke koringmeul in sy plaasmuseu­m. Die poelie (bo), twee granietste­ne en ’n trog wat meel in ’n bokvelsak stort, is sigbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa