Landbouweekblad

Karoo-knoffel: Van neus optrek tot pure lekkerkry

Charlotte Botes van die plaas Oskopvlakt­e naby Laingsburg verbou knoffel waarmee sy heerlike, gesonde produkte maak. Sy noem haar ondernemin­g Koup Knoffel.

- Web e-pos

Hoe het jy by Koup Knoffel betrokke geraak? Ek het die ondernemin­g gekoop nadat Jacolise Botes, wat oorspronkl­ik die produkte ontwikkel het, oorlede is. Ek het besef knoffelpro­dukte kan ons boerdery finansieel help en het die resepte mettertyd verfyn.

Hoekom is knoffel ’n geskikte boerderyge­was in die Karoo? Water is skaars in die Karoo en knoffel het min water nodig. Ons gebruik sonkrag om water van so diep as 120 m na bo te bring. Ek doen die verwerking en verpakking in my huis.

Wat maak jy alles met knoffel? Ons maak ’n unieke gepiekelde produk wat ons aan deli’s, padstalle en plaaslike winkels, soos OK, Karoo Biltong en Granaat, lewer. Ons verkoop ook op feeste en markte. Dit kan net so in slaaie, groente, omelette of op pizza gebruik word en is heerlik in ’n slaaisous. Die reeks bestaan tans uit ses geure (onder meer suurlemoen, rissie en kruie). My mosterd, blatjang, marinade en songedroog­de knoffelvlo­kkies is baie gewild.

Was finansieri­ng moeilik? Ja, want ek benodig tien maande om my produk te lewer. Dis boonop arbeidsint­ensief om knoffel te oes, skoon te maak, te piekel en in klein botteltjie­s te verpak. Lone het ook ’n groot invloed. Finansiële instelling­s stel nie juis daarin belang om nuwe maatskappy­e met onbekende produkte en boonop sonder enige waarborge te help nie. Ek het baie voor dooiemansd­eur gekom – selfs by die bank waar ons al jare kliënte is. Tans gebruik ons elke sent wat inkom om voorraad te koop en vir meer feeste en groter markte voor te berei.

Hoe bly jy dan gemotiveer? Ek bied ’n unieke, smaaklike, tuisgemaak­te en gesonde produk wat nie alledaags op winkelrakk­e beskikbaar is nie. Daar is niks so bevredigen­d as om te sien hoe mense wat sê hulle eet nie knoffel nie, weer en weer kom proe en koop. Waar hulle voorheen hul neuse opgetrek het, geniet hulle dit nou. Ek plaas nie net ’n gesonde produk op die rak nie; ek weet ek voorsien my werkers van ’n manier om hulself en hul gesinne beter te versorg. Dan is ek trots op my harde werk en voel asof ek in my doel slaag.

Hoeveel mense werk vir jou? Drie permanente plaaswerke­rs help om die knoffel skoon te maak. Ek het hulle self opgelei. Ons gebruik ook ses deeltydse werkers uit die plaaslike gemeenskap om te help plant, oes en ontblaar. Dis belangrik dat al die betrokkene­s die proses, probleme, mislukking­s en sukses verstaan. Deur stukwerk kry elkeen ’n kans om meer geld te verdien. Die produkte word ook vinniger verwerk.

Wat wil jy nog bereik? Ek ontwikkel nog drie produkte om by die bestaande reeks te voeg. My droom is om ’n padstal en eetplek op ons plaas oop te maak. Ek wil ook ’n fabriek bou waar al my knoffelpro­dukte verwerk word, sodat ek produksie uit my huis kan skuif.

072 544 9362 023 551 1489, info@garlic. co.za, www.garlic.co.za.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Charlotte Botes by van haar gewilde knoffelpro­dukte.
FOTO’S: VERSKAF Charlotte Botes by van haar gewilde knoffelpro­dukte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa