Landbouweekblad

Ons moet deur ons dade spreek, want dade praat baie harder as woorde.

-

In die Bybelboek Ester 4:14-16 sien ons dat God mans en vroue op strategies­e plekke plaas om Sy werk te doen. Koningin Ester moes vir die Joodse volk in die bres tree om hulle van uitwissing te red. Mordegai, haar oom, sê vir haar in Ester 4:14: “As jy nóú swyg en daar kom van ’n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

God sê ons moet, as rentmeeste­rs van die grond, ons stemme verhef. Ons moet sonde by die naam noem en nie onverskill­ig staan, stilbly en selfversek­erd wees nie.

Koningin Ester gaan voort en sê: “As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” Sy was egter vasberade om haar stem te laat hoor en het die Joodse volk van ’n massatereg­stelling gered.

Waarheid en geregtighe­id sal altyd seëvier. Johannes 17:17 lui: “U woord is die waarheid.” Ons moet ons stemme laat hoor, maar dit moet in ons huise begin en deurvloei na die plaas, distrik, nasie en uiteindeli­k die parlement. Ons moet deur ons dade spreek, want dade praat baie harder as woorde.

Mense soek meer as ooit tevore na antwoorde. Die sin van die lewe is baie eenvoudig: Eerstens, om God deur jou aksies en lewenstyl te verheerlik. Tweedens, om Hom vir ewig te geniet. As ons dit regkry, sal ons ’n herlewing in hierdie nasie sien en ons land, Suid-Afrika, sal as ’n voorbeeld vir die res van die vasteland dien.

Kom ons laat van ons hoor, nie net deur woorde nie, maar ook deur ons dade.

Lekker boer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa