Landbouweekblad

GROOT GELD VIR WERK BY DIE SEE

- THEUNS BOTHA

DIE Regering het reeds beleggings ter waarde van R17 miljard in die oseaan-ekonomie ontsluit en werk vir 4 500 mense geskep sedert die bekendstel­ling van Operasie Phakisa in Julie 2014. Die besonderhe­de is op ’n onlangse besoek aan Port Elizabeth deur pres. Jacob Zuma verskaf waar hy onder meer die Mvezo, een van twee

NUWE KAAPSE WYNMEESTER­S INGELYF

nuwe sleepbote wat vir Port Elizabeth se hawe bestem is, bekend gestel het.

Van die projekte wat deur Operasie Phakisa geïnisieer is en geld wat daaraan bestee is, sluit die volgende in: Dryfhek vir die Durban-droogdok (R42 miljoen). Bootbou-infrastruk­tuur (Durban en Kaapstad; R353 miljoen). Bootbou- en brandstof-opbergings­geriewe (Kaapstad; R3,6 miljard). Rehabilita­sie en instandhou­ding van die vissershaw­ens by Gansbaai, Saldanhaba­ai, Struisbaai, Gordonsbaa­i en Drie nuwe Kaapse wynmeester­s is op Franschhoe­k ingelyf. Daar is nou 96 sulke wynmeester­s. Van links is mnr. Jacques Steyn, nuwe wynmeester, me. Winnie Bowman, voorsitter van die Instituut vir Kaapse Wynmeester­s, Karin Visser, nuwe wynmeester, me. Kristina Beuthner, hoof van die Kaapse Wynakademi­e, en mnr. Janno Briers-Louw, nuwe wynmeester. Die wynpersoon­likhede Duimpie Bayly, Bennie Howard en wyle Tony Mossop was die eerste mense wat 32 jaar gelede as Kaapse wynmeester­s ingelyf is.

Lambertsba­ai (R80 miljoen). Beleggings van meer as R400 miljoen uit die private sektor vir 10 akwakultuu­rplase in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap, asook KwaZulu-Natal. Twaalf nuwe akwakultuu­rprojekte in onder meer Gauteng en Mpumalanga is geïdentifi­seer wat by Phakisa baat sal vind. Die Siyazama-akwakultuu­rkoöperasi­e by Hamburg het reeds sy eerste oes aan die Cape Town Fish Market in Kaapstad verkoop. Die Zwembesi-oesterplaa­s in die Baaise hawe beslaan 10 ha en lewer tans 100 000 oesters per maand. Indien die plaas tot

40 ha uitgebrei word, sal daar maandeliks meer as 1 miljoen oesters gelewer kan word. Die gasspesifi­eke Saldanabaa­i-hawe sal deel vorm van ’n R9 miljard-belegging oor die volgende 5 jaar. Mnr. Andile Moshani, waarnemend­e adjunkdire­kteur beskerming­skepe van Visserye, het die media tydens ’n vaart op die Sarah Baartman in die Port Elizabeths­e hawe vergesel.

Hy het gesê daar is drie ander skepe met inspekteur­s om onwettige handelaars en stropers aan die man te bring en Suid-Afrika se mariene bronne te beskerm. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa