Landbouweekblad

VIERING VAN REPUBLIEKD­AG ONTHOU

- Landbouwee­kblad,

Op 31 Mei was dit 50 jaar sedert die vyfde bestaansja­ar van die Republiek van Suid-Afrika in Pretoria by die Voortrekke­rmonument gevier is. Die hoogtepunt van dié viering sou ’n groot verbymars van nagenoeg 27 000 soldate in Eeufeesweg wees.

Om genoeg troepe te mobiliseer, moes die kommando’s ook ’n bydrae lewer, en Caledon moes een peloton (36 troepe) verskaf. Omdat die kommando’s in daardie stadium net uit vrywillige­rs bestaan het, is lede gevra om vrywillig aan die verrigting­e te gaan deelneem. Daar was toe nege vrywillige­rs uit Villiersdo­rp – ek en my broer Daniël, die Viljoen-broers Alf en Dennis, die Theron-broers Tom en Frans, Pea van der Merwe, André (Draad) Roux en Pietie (Pelone) de Wet.

Pea was die oudste en was ’n deelboer (bywoner) op ons plaas. Hy was ’n man vir “sports” en het die eienskap gehad dat hy nie maklik iets van jou aanvaar het as hy nie vir jou iets in ruil kon gee nie. Aangesien ons ’n KWV-kwota gehad het, kom vra hy my en Daniël elkeen ’n bottel brandewyn om saam te neem Pretoria toe sodat ons darem elke aand in ons tent ’n night cappie kan drink. Ek maan hom om nie al op die trein toe te laat dat ons mede-broers in verdrukkin­g die brandewyn uitdrink nie, aangesien hy niks vir homself kan hou nie. Hy sweer hoog en laag dat almal in hul peetjie kan gaan; die twee bottels sal Pretoria sien en vir hul doel aangewend word. Ek het my bedenkinge en pak twee ekstra bottels in.

Ons bestyg die spesiale troepetrei­n in Bellville. Die meeste ouens se vroue gaan sien hul mans persoonlik af op die stasie. In die meeste gevalle dra die mans hul bagasie na die trein, terwyl die vroue hul sakdoeke hanteer, maar in Corrie van Dyck en Pierre de Wet van Stanford se geval dra hul vroue hul bagasie en hulle het elkeen ’n sesbottelk­an (“Moses”) Stanford-water in elke hand. Hul verklaar duidelik dat hul niks anders drink as hul eie water nie. Die militêre polisie val vir die storie en laat hulle toe om hulle met hul water op die trein tuis te maak. Ons manne wat weet, val nie vir die storie nie en weet dat Corrie ’n befaamde witblitsst­oker is.

Ná heelwat geskarrel vertrek die trein. Daar heers ’n vrolike stemming en almal is opgewonde oor die avontuur wat voorlê. Die 36 manne van die Caledon-kommando beset net mooi een hele spoorwegwa en dit word tot ’n no go-area vir alle vreemdelin­ge verklaar – die Stanford-water moet beskerm word. Toe die Stikland-begraafpla­as verbyskuif, stel Corrie voor aangesien ons nou die Kaap gaan verlaat, moet ons ’n ou knertsie daarop drink.Aldieglase­indiekompa­rtemente word bymekaarge­maak Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur Petrus Roux geskryf. BRUILOF TUSSEN DIE ANGORA’S... en almal drom in die middel van die wa saam. Die glase vind hul weg na Corrie, wat in elkeen ’n knertsie afmeet. Toe seker gemaak is dat elkeen sy knertsie ontvang het en “Moses” weer veilig gebêre is, glip ons deur Muldersvle­i se stasie.

Ek hou vir Pea dop en sien dat hy nie tot rus kan kom nie. Daar is ’n krieweling in sy lyf en sweet op sy bolip. Hy spring op en begin in sy bagasie krap, bring die eerste bottel brandewyn te voorskyn en verklaar: “Ek het ook mos.”

Hy knak die bottel en vat ’n groot sluk en gee die bottel aan die naaste ou, wat ook ’n groot sluk vat. Só beweeg die bottel van hand tot hand, en ’n bottel se inhoud is beslis nie 36 groot slukke nie. Party sien nog daarna uit om ook ’n sluk te kry, toe raak Avbob al ontslae van die lyk en jy hoor net glase spat soos die bottel hom te pletter val langs die spoor net voor die brug oor

 ?? FOTO’S: RYNO FERREIRA ?? Mnr. Le Riche Lombard en sy vrou, Theodi (gebore Albrecht), is vroeër vanjaar op Le Riche se pa, mnr. Wentzel Lombard, se plaas, Waterval, naby Cradock getroud. Theodi is ’n stadsmeisi­e van Pretoria en wou baie graag foto’s van hulle saam met die bokke...
FOTO’S: RYNO FERREIRA Mnr. Le Riche Lombard en sy vrou, Theodi (gebore Albrecht), is vroeër vanjaar op Le Riche se pa, mnr. Wentzel Lombard, se plaas, Waterval, naby Cradock getroud. Theodi is ’n stadsmeisi­e van Pretoria en wou baie graag foto’s van hulle saam met die bokke...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa