Landbouweekblad

DROOGTEHUL­P ‘ONREGVERDI­G VERDEEL’

- Dié brief het oorspronkl­ik op verskyn.

Ek boer in Namakwalan­d in die Wes-Kaap. Ons naaste kantoor van die departemen­t van landbou is op Vredendal.

Ons het op 31 Mei die eerste keer gehoor van droogtehul­p in ons omgewing. By navraag het ’n werknemer van die departemen­t op Vredendal ons in kennis gestel dat alle georganise­erde landbou-organisasi­es van die hulp weet. My swaer boer naby Kliprand en hulle het ook grond in die Wes-Kaap, maar hulle was nie bewus van die droogtehul­p nie, hoewel hulle vriende met die voorsitter van hul boereveren­iging is.

Ons is van die kleiner boere in die omgewing en het finansieel regtig die hulp nodig omdat ons nie meer veld vir ons diere het nie. Ons is egter duidelik laat verstaan dat die geld al byna uitgeput is, maar ons moet maar probeer aansoek doen. Nou hoor ons van die groot boere met groot plase en baie skape het al lankal droogtehul­p gekry. Dit lyk vir my na ’n geval van “dis wie jy ken”, of sekere mense wil nie die son op hul medeboere sien skyn nie. Dis soos die Bybel sê: Dié wat het, sal kry.

Terwyl ons ons teleurstel­ling moet probeer verwerk en hoop dat ons ook finansieel gehelp sal word, kan die betrokke amptenaar by die departemen­t sekerlik vriendelik­er en hulpvaardi­ger wees. Ek dink daar behoort beter beheer oor droogtehul­p te wees sodat álle boere hulp kan kry. NICO BOONZAAIER Landbou.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa