Landbouweekblad

PLAASGEWEL­D KAN LAND LAAT MISLUK

- NICO VAN BURICK

VOORTSLEPE­NDE aanvalle in plaasgemee­nskappe veroorsaak ernstige skade en onsekerhei­d wat ’n invloed op werksgelee­nthede, ekonomiese groei en voedselsek­erheid kan hê, sê mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. “Ek gee u die versekerin­g dat ek ernstig bekommerd is oor hierdie aanvalle omdat dit die stabilitei­t van die sektor bedreig.”

’n Werksessie oor plaasaanva­lle is in Pretoria deur sy departemen­t en verskeie belanghebb­endes, soos die polisie, die georganise­erde landbou, arbeidsver­teenwoordi­gers, vakbonde en die Menseregte­kommissie, gehou.

“Ons moet ophou om vingers na mekaar te wys oor wat die grondoorsa­ke is en verenig om enige vorm van geweld teen plaaseiena­ars en plaaswerke­rs stop te sit,” sê Zokwana.

Volgens hom gaan slaap meer as 12 miljoen mense in die land elke aand honger. As daar weens plaasaanva­lle nie stabilitei­t in die landbousek­tor is nie, kan die land misluk.

MINDER MOORDE

Genl.maj. Leon Rabie, nasionale hoof van strategies­e bestuur by die polisie, het gesê daar is 879 polisiekan­tore in landelike gebiede en by 776 van hulle is die landelike veiligheid­strategie al in werking gestel, al werk dit nie oral goed nie. By 60 is dit gedeelteli­k in werking gestel en by 43 is nog niks gedoen nie.

Volgens die polisie se statistiek neem plaasaanva­lle en -moorde af. Rabie sê in die 2014-’15-boekjaar was daar 490 aanvalle en 60 moorde en in die afgelope boekjaar 446 aanvalle en 49 moorde. Hy het na meer as 20 sake verwys waar skuldiges aan plaasmoord­e vonnis van 20 jaar tot lewenslank opgelê is.

Met verwysing hierna het die vakbondlei­er mnr. Nosey Pieterse gesê dit is net swart mense wat “goeie tronkmater­iaal” is. Hy wou weet of daar al ’n boer was wat ’n vonnis van 25 jaar vir ’n moord op ’n werker gekry het.

RESERVISTE

Lt.genl. Kgomotso Phahlane, waarnemend­e polisiekom­missaris, het na sy vorige ontmoeting­s met AfriForum en Agri SA verwys en dit beskryf as bemoedigen­de verbinteni­sse wat die polisie sal help in die stryd teen landelike misdaad.

“Al is daar ’n afname in moorde te bespeur, is elke verlies aan ’n lewe een te veel.”

Agri SA het die polisie op ’n vergaderin­g verlede week gevra daar moet dringend gekyk word na die behoorlike vestiging van die reserviste­stelsel in ál die provinsies om die polisie se hand te sterk en gevra of die vereistes in landelike gebiede nie te streng is nie.

“Alles wat bespreek is, sluit aan by ons nuwe benadering om die basiese dinge regte doen, soos meer sigbare polisiërin­g, deeglike misdaadond­ersoeke en beter insameling van misdaadinl­igting,” volgens Phahlane.

Hy sê die Regering se aankondigi­ng dat misdaadsta­tistiek kwartaalli­ks beskikbaar gestel gaan word, sal help om misdaadnei­gings vinniger te identifise­er en daarteen op te tree.

Hoewel die Departemen­t van Justisie nie statistiek oor skuldigbev­indings rakende plaasaanva­lle het nie, dui algemene statistiek­e van die vorige boekjaar daarop dat daar in alle howe saam 289 245 suksesvoll­e vervolging­s was. Dit is ’n skuldigbev­indingskoe­rs van 93%.

Die hoër howe het ’n koers van 89,9% gehandhaaf met 910 skuldigbev­indings en die streekhowe ’n koers van 78,4% (die hoogste in ’n dekade) met 24 958 skuldigbev­indings.

 ?? FOTO:NICOVANBUR­ICK ?? Lt.genl. Kgomotso Phahlane (regs), waarnemend­e polisiekom­missaris, en mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, ná ’n vergaderin­gverledeVr­ydag.
FOTO:NICOVANBUR­ICK Lt.genl. Kgomotso Phahlane (regs), waarnemend­e polisiekom­missaris, en mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, ná ’n vergaderin­gverledeVr­ydag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa