Landbouweekblad

Só vorder planne vir goedkoper oesverseke­ring

- CARIEN KRUGER

DIE droogte het nuwe momentum gebring aan pogings om oplossings vir duur multirisik­o-oesverseke­ring te vind.

Mnr. Dawie Buys, tegniese raadgewer van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Versekeraa­rs (SAIA), sê goeie vordering is die afgelope jaar en veral die afgelope tyd gemaak in gesprekke tussen die bedryf, die Land Bank, die nasionale Tesourie en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

’n Vennootska­p tussen die openbare en private sektor word in die vooruitsig gestel en verskillen­de modelle word ondersoek waardeur die Regering betrokke kan raak by ’n produk vir veelvuldig­e oesverseke­ring. “Dit is duidelik die Regering is ernstig oor die kwessie.”

Sowat drie jaar gelede het die twee staatsdepa­rtemente ’n konsultant opdrag gegee om ’n verslag met voorstelle op te stel. Die SAIA was een van die partye wat in November 2014 kommentaar gelewer het. Daarna het die SAIA nie weer iets gehoor nie.

WÊRELDBANK

Buys sê die proses het sedert verlede jaar weer momentum gekry en hy is veral optimistie­s ná die Regering vroeër vanjaar die Wêreldbank betrek het om ’n ondersoek oor moontlike oplossings te doen.

Herverseke­raars is ook betrokke, onder meer groot internasio­nale ondernemin­gs, soos Munich Re, wat hom laat in 2013 aan die Suid-Afrikaanse oesverseke­ringsmark onttrek het.

Kundiges van dié ondernemin­gs lewer tans insette.

Buys sê selfs al sou die Regering oesverseke­ring subsidieer, is herverseke­raars se betrokkenh­eid steeds nodig en sal meer sulke ondernemin­gs hopelik betrokke raak wanneer die Regering dit subsidieer.

Die doel is om ’n produk te ontwikkel wat oesverseke­ring bekostigba­ar en lewensvatb­aar sal maak. Meer as net die handjie vol boere wat dit tans kan bekostig, moet oesverseke­ring kan uitneem. Dit is vir die Regering veral belangrik dat opkomende boere dit ook moet kan bekostig, sê Buys.

Suid-Afrika is die enigste land in die Brics-groep wat nie oesverseke­ring aan boere subsidieer nie.

EISE

Intussen verwag die bedryf dat diegene wat dit wel nog kan bekostig, vanjaar weens die droogte meer eise gaan indien. “Dit is ’n groot bekommerni­s vir die bedryf dat ’n groot toename in eise tot verdere verhogings in premies kan lei, wat oesverseke­ring nóg duurder kan laat word,” sê Buys.

Die SAIA is intussen besig om sy landboukom­itee, wat hoofsaakli­k aan die kwessie van duur oesverseke­ring aandag gegee het, te vervang met ’n breër forum. Dié forum sal steeds voorrang gee aan oesverseke­ring, maar sal ook na landbouver­wante versekerin­g in die algemeen kyk. –

 ??  ?? Mnr. Dawie Buys, tegniese raadgewer van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Versekeraa­rs (SAIA), sê gesprekke oor veelvuldig­e oesverseke­ring is op dreef.
Mnr. Dawie Buys, tegniese raadgewer van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Versekeraa­rs (SAIA), sê gesprekke oor veelvuldig­e oesverseke­ring is op dreef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa