Landbouweekblad

PLAASVERKO­PE | Kry die régte storie

- LBW

’n Unieke platform op Landbou.com sal talle brandende vrae oor grondverko­pe in Suid-Afrika kan beantwoord. Dié platform bevat plaasverko­pe wat die afgelope 12 maande by die Aktekantoo­r geregistre­er is en wat in die tydskrif en op die webwerf gepublisee­r word. Die ontleding van data van die plaasverko­pe is vir 12 maande per distrik saamgevat en verskyn in nuttige tabelle (kyk op bl. 87 vir die Vrystaatse data). Die tabelle sal sover moontlik weekliks en per provinsie in gepublisee­r word.

Die tabel bevat die aantal transaksie­s per distrik per maand (oor die 12 maande), die totale hektare verkoop, die laagste prys per hektaar, die hoogste prys per hektaar, die gemiddelde prys per hektaar en die distrik se prysneigin­gs.

Mnr. Johann Bornman, voorsitter van Agri Developmen­t Solutions, het die platform saamgestel, en hy lewer weekliks kommentaar op neigings in die provinsies. Kontak hom by e-pos: jchb@mweb.co.za.

Op die webwerf: Ál die inligting is van meet af aan op Landbou. com beskikbaar, plus meer besonderhe­de oor die transaksie­s, soos plaasgroot­tes, hoeveel hektaar per maand in ’n distrik verkoop is en die bedrae wat betaal is. Lesers kan ook sien wie die grondaanko­pe gedoen het, soos transaksie­s deur die staat en transaksie­s met mense van kleur. Besoek Landbou.com en klik op Plaasverko­pe. Die syfers op die webwerf én in die tydskrif sal so gereeld moontlik bygewerk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa