Landbouweekblad

HOËR PRYSE OM DIE DRAAI

- — JOHAN NORVAL, JOHAN COETSEE en MARLEEN SMITH

KLEIN kuddes, meer uitvoer en die nadraai van die droogte gaan rooivleisp­ryse in die komende maande drasties laat styg, meen verskeie kenners wat onlangs op geleenthed­e van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO) gepraat het.

Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel en Landboubel­eid (BFAP), voorspel dat SuidAfrika se status as nettoinvoe­rder van rooivleis omgekeer sal word deur die verwagte uitvoer van sowat 40 ton keursnitte teen die einde van die jaar na Amerika.

“As rooivleis deur dié mark opgeneem word, voorsien ek dat die plaaslike prys daarvan aansienlik kan styg oor die volgende ses tot sewe maande. Dit kan ook die pryse van speenkalwe­rs en aanteeldie­re volgende jaar laat verhoog,” sê Meyer. Hy het in Kimberley gepraat op die NoordKaaps­e RPOkongres.

Hy sê boere wat hul kuddes deur die droogte kon behou, is in ’n mededingen­de posisie vir ’n mark waarin vleispryse teen die einde van die jaar gaan styg.

VOERKRALE

Mnr. Nick Serfontein, boer, voerkraale­nslagplaas­eienaar, het op die RPO se Vrystaatse kongres in Bloemfonte­in gesê hy verwag in die volgende paar jaar vinniger prysstygin­gs as wat selfs die BFAP voorspel. Hy skryf dit ook aan ’n verwagte groot styging in uitvoer toe, wat beteken die binnelands­e tekort aan rooivleis gaan net al hoe groter word.

“Daar was sedert verlede jaar ’n groot styging in die aantal beeste wat in voerkrale staan. Ek vermoed dis mense wat hulle vir uitvoer regmaak,” het hy gesê.

Serfontein sê hy is versigtig om sulke voorspelli­ngs te waag, maar hy verwag ’n karkasprys van rondom R44/kg teen einde vanjaar, of selfs hoër, en R46/kg teen einde volgende jaar.

Die speenkalfp­rys kan vanjaar rondom R25/kg draai en dan rondom R28/kg teen einde volgende jaar, meen hy.

Hy sê hoewel daar reeds ’n groot toename in die vraag na vroulike diere op veilings is, is daar nog daagliks ’n ooraanbod van Cgrade by slagplase.

TEKORTE

Dr. Pieter Prinsloo, ondervoors­itter van die nasionale RPO, het op die organisasi­e se jaarvergad­ering op Stellenbos­ch gewaarsku dat die volle impak van die droogte later vanjaar drasties na vore gaan tree wanneer tekorte aan slagvee erger gaan word. Veral vanaf Julie gaan die vuisvoos verbruiker waarskynli­k heelwat meer vir vleis begin betaal.

Hy sê die droogte het ’n kleiner invloed op skape as op beeste gehad.

 ?? FOTO: MARLEEN SMITH ?? Voerkrale maak hulle reg vir vleisuitvo­er later vanjaar, wat tot groot tekorte en prysstygin­gs op die plaaslike mark sal lei.
FOTO: MARLEEN SMITH Voerkrale maak hulle reg vir vleisuitvo­er later vanjaar, wat tot groot tekorte en prysstygin­gs op die plaaslike mark sal lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa