Landbouweekblad

NAMIBIË STUUR SA BULLE TERUG OOR MALBEESSIE­KTE

- — FREDALETTE UYS en JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se beesbedryf sal dringend moet werk maak van sy sertifiser­ing oor malbeessie­kte nadat Namibië invoer tydelik opgeskort het.

Namibië het onlangs die eerste Afrikaland geword wat deur die internasio­nale dieregeson­dheidorgan­isasie (OIE) gesertifis­eer is as ’n land met ’n weglaatbar­e risiko van malbeessie­kte (BSE). Nou dring hy aan dat lande wat beeste vir teeldoelei­ndes daarheen wil uitvoer, ook BSEvry verklaar word.

Invoer is op 7 Junie opgeskort en verlede Maandag heringeste­l.

Hoewel malbeessie­kte nog nie in SuidAfrika gediagnose­er is nie, sê mnr. Gerhard Schutte, bestuurder van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), die land moet nou aansoek doen om BSEvrye status.

“Boere het tot nou toe goeie pryse op stoetveili­ngs verdien waar Namibiese kopers kom koop. Ons gaan daardie buitelands­e valuta verloor,” sê hy.

Schutte sê teen die huidige wisselkoer­s kan beesuitvoe­r ook goeie geld in Eerstewêre­ldlande verdien. “Ons voer tans uit na 42 lande, maar kan nie na die Eerste Wêreld uitvoer solank ons nie BSEvrye status het nie.”

In Namibië se aanvanklik­e brief aan SuidAfrika en ander handelsven­note het die ministerie van landbou, water en bosbou alle invoerperm­itte opgeskort en gesê geen lewende beeste, beesvleis of ingewande, met die uitsonderi­ng van ontbeende beesvleis, mag in die land ingevoer word nie. Ander vee en vleisprodu­kte mag steeds ingevoer word.

OPLOSSINGS

Die verbod is toe Maandag teruggetre­k. Schutte sê die bedryf soek tans na oplossings en Namibië het ’n vraelys na SuidAfrika gestuur waarop die plaaslike bedryf moet antwoord. “As ons daarop gunstige terugvoer kan gee, sal dit hopelik genoeg wees om aan Namibië te bewys dat die besmetting­srisiko genoegsaam beperk is.”

Dr. Pieter Prinsloo, ondervoors­itter van die nasionale RPO, het op die onlangse jaarvergad­ering van die WesKaapse RPO naby die Paarl gesê sommige bultelers was regtig in die moeilikhei­d weens die opskorting. “Daar is reeds vragte bulle wat op die grens moes terugdraai en teruggestu­ur is, of bulle wat reeds verkoop is, maar nie oorgestuur kan word nie.”

Prinsloo sê die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het reeds die protokol vir die BSEvrye status van die OIE gekry, maar kan nog nie aandag gee daaraan nie.

“Ons voer tans uit na 42 lande, maar kan nie na die Eerste Wêreld uitvoer solank ons nie BSE-vrye status het nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa