Landbouweekblad

GOEIE PRYSE VIR LAASTE HORISON-KOEIE

- – JASPER RAATS

DIE laaste koeie wat dragtig is van die superduur buffel, Horison, wat op ’n veiling te koop aangebied sou word, het teen stewige pryse verkoop.

Een van dié koeie, Anita ’n Matetsi-dogter van Crown Game Breeders), is op die Bloodline-telersgroe­p se veiling by Thaba Manzi naby Bela-Bela as ’n 3-in-1-pakket teen R6,2 miljoen gekoop deur mnre. Wicus en Hannes Pretorius van Buffalo Creek.

Anita is tans dragtig van Horison. Ingevolge die veilingsaa­nbod sal sy, nadat sy gekalf het, by hom loop totdat sy weer dragtig word. Eers dan sal haar nuwe eienaars haar en haar kalf in ontvangs neem.

Mnr. Jacques Malan van Lumarie-wildboerde­ry het R1,6 miljoen betaal vir ’n buffelkoei wat ook saam met Horison loop. Hy sal ontvangs neem sodra dragtighei­d bevestig word. Aurora, ’n dogter van Horison, het R2,1 miljoen gehaal, terwyl ander buffelkoei­e wat dragtig is van Matla Mamba se teelbulle, Hitler en Oubaas, R300 000 tot R500 000 stuk gehaal het.

REALISTIES

Mnre. Hannes en Jaco du Preez van Matla Mamba Game Breeders het egter baie gehad om oor te glimlag toe die bod op hul spog-renosterbu­l met sy 31 duim-horing op R1,4 miljoen op mnr. Rubin Els van Thaba Tolo toegeslaan is.

“Dit was ’n goeie veiling,” sê mnr. Lood Bester van Wildswinke­l, wat die veiling aangebied het. “Pryse was realisties en kopers én verkopers het tevrede weggestap.”

Hy sê dit is vir hom bemoedigen­d om te sien dat die mark op sy nuwe prysvlakke stabilisee­r. “Dit is dalk nie die pryse wat ons twee jaar terug vir ons diere gekry het nie, maar hierdie pryse is realisties en volhoubaar.”

Dragtige swartwitpe­nskoeie en -verse het R140 000 tot R420 000 stuk behaal. Crown Game Breeders se koei Hope het R825 000 behaal. Bastergems­bokke het ook goeie pryse behaal met Diana (3-in-1) wat teen R950 000 verkoop is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa