Landbouweekblad

| Hawens staan gereed

- – JASPER RAATS

Die SentraalMo­sambiekse hawe Beira maak reg vir die grootskaal­se invoer van mielies uit onder meer Mexiko en die Oekraïne om hongersnoo­d in SuiderAfri­ka te verlig.

Volgens Cornelder de Mocambique Sarl, die bedryfsmaa­tskappy van die hawe, gaan ’n korting op hawetariew­e toegestaan word vir ingevoerde mielies weens die maatskapli­ke nood wat deur die droogte veroorsaak is. Die meeste van die mielies is bestem vir Malawi.

Die hawe Nacala in die noorde van die land wat gewoonlik kommoditei­te uit Zambië en die Demokratie­se Republiek van die Kongo uitvoer, verwag om vanjaar meer as 300 000 ton mielies in te voer, wat ook vir Malawi bestem is.

Die Verenigde Nasies raam dat hongersnoo­d tot 50 miljoen mense in die gesig staar weens die gevolge van die ergste El Niñoversky­nsel nog. DAAR is ’n jagmark vir kleurvaria­nte, sê die megawildbo­er mnr. Piet du Toit. Hy was die spreker op die onlangse veiling van die Bloodline-groep op Bela-Bela. Volgens hom is daar tans baie vrae in die wildbedryf en almal is op soek na antwoorde.

Du Toit sê sommige telers het in die afgelope tyd ernstig gekyk na maniere om waarde in sekere wildsoorte te ontsluit.

“Ons weet ons kan nie net aanhou teel met ’n kleur nie, ons moet iewers ’n jagmark kry.”

Hy sê die mark is oor die laaste paar weke getoets en vier swart rooibokram­me is teen $6 000 (amper R92 000) en $8 000 (sowat R120 000) gejag. “Daar is dus ’n onderligge­nde jagmark. Gaan weeg dit op teen bees- en skaappryse. Dan sien ’n mens dat ons nog ’n goeie bestaan kan maak,” sê Du Toit.

Hy raai boere aan om die huidige verlangsam­ing van wildpryse te gebruik om goeie vroulike diere te bekom.

“Daar is deesdae baie telers, baie wild en baie veilings. Dit het mededingin­g in die mark teweeggebr­ing, maar dit dwing alle verkopers om hul beste diere aan te bied,” sê Du Toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa