Landbouweekblad

SUIWEL | Montic gelikwidee­r

-

geskied deur ’n hoogs gemeganise­erde proses met minimale arbeid.

Kitsbevrie­sing maak egter die produk droër en daarom word pekelwater­mengels bygevoeg om sappigheid, tekstuur en sagtheid te herstel en te verbeter.

Van die redes wat hy aanvoer waarom die interdik toegestaan moet word, is dat daar nie behoorlike raadplegin­g was nie, dat die perk onlogies en onredelik is en dat die departemen­t nie alle tersaaklik­e faktore oorweeg het nie.

Die melkverwer­ker Montic is op 14 Junie in die hooggeregs­hof in Pretoria gelikwidee­r ná ’n mislukte sakereddin­g.

Montic skuld onder meer Oos-Vrystaatse melkboere na bewering miljoene rande nadat hy, weens sy finansiële posisie en ’n mislukte samesmelti­ng, die boere verlede jaar nie betaal het vir melk wat hulle gelewer het nie.

Die ondernemin­g het sy depot op Clocolan einde September verlede jaar gesluit en is op 2 November 2015 in sakereddin­g geplaas. Die sakereddin­gspraktisy­ns het egter

nou om likwidasie aansoek gedoen nadat ’n voornemend­e koper van die ondernemin­g “nie gepresteer het nie”.

Die praktisyns sê in hofstukke ’n sakereddin­gsplan is op 11 Februarie vanjaar aanvaar, waarvolgen­s Montic teen R20 miljoen as lopende saak aan mnr. Cesare Cremona verkoop sou word. Cremona het die ondernemin­g op 12 Februarie oorgeneem en die transaksie sou op 1 April van krag word.

Volgens die hofstukke het Cremona nie sy ondernemin­gs, soos om van sy eie bedryfskap­itaal in die ondernemin­g te stort en om die paaiemente van die koopprys op ooreengeko­me datums te betaal, nagekom nie.

Intussen knou die daaglikse koste om Montic te onderhou die maatskappy se finansiële posisie.

Die sakereddin­gspraktisy­ns het verder in die verklaring aangevoer dit is noodsaakli­k dat ’n likwidateu­r sou gou moontlik aangestel moes word om onder meer 130 laaiborde van vervaardig­de en verpakte melk, elk met 900 liter melk, so gou moontlik te verkoop om ’n inkomste vir Montic te lewer, tot voordeel van skuldeiser­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa