Landbouweekblad

‘STAAT GOËL MET GROND SE SYFERS’

- FREDALETTE UYS

DIE Regering praat landsburge­rs ’n gat in die kop oor grondhervo­rming.

Dít was die boodskap van die veteraanjo­ernalis mnr. Max du Preez by Hortgro se onlangse jaarlikse tegniese wetenskaps­imposium by Allée Bleue naby Franschhoe­k.

“Meer as 60% van die mense wat om restitusie aansoek gedoen het, sê hulle soek kontant pleks van grond. Volgens mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, was daar van die eerste 80 000 suksesvoll­e grondresti­tusie-eise slegs 5 800 eisers wat hul grond wou terughê. Die res wou geld hê en meer as R6 miljard is reeds uitbetaal.

“So, die ‘gee ons grond terug’versoek is ’n mite. Dit gaan oor die simboliese betekenis daarvan, geskiedeni­s en politiek.”

Du Preez sê voorts die Regering se bewerings dat wit mense 87% van landbougro­nd besit en swart mense 13%, is heeltemal verkeerd. Die staat sê hy het 10% van landbougro­nd aangekoop en ’n gedeelte daarvan aan opkomende boere oorgedra, maar verswyg die groot aantal plase wat swart boere op die oop mark gekoop het, asook dié wat met behulp van ander kommersiël­e boere grond bekom het.

“My raaiskoot is dat ongeveer 25% of meer van die kommersiël­e grond in swart boere se besit is, waarby ons 15% van kommunale besit in swart gemeenskap­pe moet bytel,” sê hy.

“Nog ’n skokkende feit is dat die bedrag wat aan grondeise bestee is, reeds meer as ’n derde van die kommersiël­e plase op die oop mark kon koop.

“As Nkwinti se mense elke week deur die geel bladsye van landboutyd­skrifte geblaai het om te sien watter plase sedert 1994 deur swart boere aangekoop is, sou hulle gevind het dat meer as 30% van die plase deur swart boere besit word.”

‘So, die ‘gee ons grond terug’versoek is ’n mite. Dit gaan oor die simboliese betekenis daarvan, geskiedeni­s en politiek.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa